Langkloof

Joubertina Omtrent Ons Dit-en-dat Landbou Eetplek Besighede Natuur Geestelik

‘Thin places’ – plekke waar ons God se nabyheid ervaar

Die Kelte het lank terug geglo dat jy na sekere plekke kon gaan om nader aan God te wees. Hierdie plekke het hulle “dun plekke” (thin places) genoem.  


Psalm 27 gaan oor sulke dun plekke waar menslike en Goddelike ontmoet in onbeskryflike pragtige nabyheid. As ek darem nie geglo het dat daar “dun plekke” is waar ek die goedheid van die Here sal sien nie.


“Waar het jy vandag vir God ontmoet?”

Dorothy Bass is iemand wat graag skrywe oor hierdie “dun plekke”  (thin places). Sy vertel dat ons graag vir mekaar vra:  “Hoe was jou dag?” Soms luister ons nie eers ordentlik na mekaar se antwoorde nie. Sy vertel dan van ’n ma wat van ’n ander hoek die vraag gevra het. Voor haar kinders gaan slaap, vra sy hierdie vraag: “Waar het jy vandag vir God ontmoet?”


En hulle vertel haar een vir een: ’n onderwyser het my gehelp, daar was ’n daklose in die parkie, ek het ’n boom gesien wat oortrek was met bloeisels.  Dan vertel sy hulle waar sy God ontmoet het. So gaan hulle saam ’n dun plek binne en beleef hulle hoe naby God aan hulle is.


Probeer dit gerus en sien hoe jy ook sulke dun plekke ontdek waar God en jy naby aan mekaar is!


Bid daagliks: Here, ek weet die aarde is vol van hierdie dun plekke, maak my sensitief om U teenwoordigheid hier raak te sien!


(Uit www.gemeentes.co.za Psalm 27)

Psa 27

1  ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?


2  As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet—my teëstanders en my vyande, ja, myne—struikel hulle self en val.


3  Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.


4  Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.


5  Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.


6  En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE.


7  Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.


8  Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!


9  Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!


10  Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.


11  HERE, leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande.


12  Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.


13  o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal  sien in die land van die lewendes nie….


14  Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!

Gén 28:11  

12 Daarop kom hy by ‘n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.


12  En hy het gedroom—daar is ‘n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.


13  En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;


14  en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.


15  En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.


16  Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.


17  En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ‘n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.


18  Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ‘n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.


19  En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.


20  En Jakob het ‘n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,


21  en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.


Die droom praat van ‘n konneksie tussen hemel en aarde. Die hemel en die aarde word met mekaar verbind. Wanneer dit gebeur voel mense die teenwoordigheid van die Here aan.

Die konsep van “dun” plekke – plekke waar die teenwoordigheid van die Here op ‘n besondere manier aangevoel kan word. Dis asof die skeiding tussen die hemel as God se woonplek en die aarde ietwat vervaag en die hemel as ‘t ware aan die aarde raak.

Dis wat Jakob hier beleef.


Glo net


Geloof kan berge verskuif

Geloof kan jou oplig en jou abba

Geloof is ‘n vashouplek -

‘n stukrag en ‘n anker

Geloof reënboog ‘n vaal dag

Geloof is krag

Geloof is  moed


Geloof het net ses letters


Geloof is goed

Geloof kom lê ‘n hand op joune

Geloof fluister vuurwerke in jou binneste

Geloof  groei

en  prewelbid


wanneer kleingeloof jou hele mens vol sit


(Elizabeth Kendall ©)


Markus 4


26 En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;


27  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.


28  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.


29  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.


30  En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?


31  Dit is soos ‘n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;


32  en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.

In Verwondering


Die skepper sing sterre wat boordevol hang

en dansend klou aan die nanag se wang

die spieël aan die hemel weerkaats

en vertel hy is hier


Die Skepper wek woorde, woorde wat leef

Hy laat sy asem met mense verweef

die Heelal in die Hemel en die Heelal in my

skree in die stilte God is by my


{Refrein}

Sterre sing in verwondering

wil eer aan God in die hoogste bring

en die hemelboog lig U naam omhoog

U majesteit skyn in heerlikheid

wys die glans van u Heiligheid

elke hemeling elke sterweling

sing in - in verwondering


My woorde het lankal in ster-stof gekwyn

my hart se flou pogings in ster-reën verdwyn

die heelal in die hemel en die heelal in my

skree in stilte God is vir my


Hoe kan ons dan stilbly as wentelbane buig

as hemelkore jubel en sterre stelsels juig  

hoe kan ons nog twyfel as son en maan getuig

as alles om U wentel hoe kan ons nog swyg 


(In Verwondering - Louis Brittz, Retief Burger, Neil Büchner, Helmut Meijer - Kliek hier om na liedjie te luister)



Lied 553


Ek is bly ek ken vir Jesus,

ek is bly ek is sy kind.

En ek bly my hele lewe

aan die Here vasgebind.

 Ek is bly ek het 'n Bybel

dat ek elke dag kan lees –

Kinders van die Here         

het niks om voor bang te wees.

Kinders van die Here         

het niks om voor bang te wees.  


(Iemand het eenkeer gesê “Volwassenes is Kinders wat agteruitgegaan het....” Dit laat mens dink. Veral as mens na `n Halleluja liedjie se intense opregtheid luister..)

Waar `n kind sterf...

Waar `n kind sterf kry die aarde seer

die lug koes

die riviere raak stil

die see krimp terug

die bome hang swart doeke uit op die middaguur

die horison raak onseker

die berge word oornag oud met grys skouers

die klippe lê dit in hulle geheue vas

en die son val gewond in sy skaduwee.


(Johann de Lange)

Twee mossies vir n stuiwer          


Anette Marais sit op ’n  stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens.  Net ’n  paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasie kamp.  Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . . .


Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”


Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n  vaal klein mossie op haar skouer.  Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie kamp in Bethulie.


Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n  baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.  Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n  vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en Genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.


Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n  park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong.  Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie” boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!


Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude.  Moeg maar gelukkig en met ’n  permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.  Toe hy inklim sien hy ’n  muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in  Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n  mossie agter op.

 Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stil staan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.


Vandag ’n  paar jaar later, skud ek my beursie uit.  Ek sit ʼn 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog ʼn 1c vir  huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan my hart se werksomstandighede, vir enkel ouers en weduwees, en ek besef die mossie boodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!


Here

Dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander.

Amen


(Geskryf deur Rosa Duvenhage - God is die skepper van hoop – Anoniem)

Barmhartige Samaritaan by die herberg - Rembrandt skets Martha en Maria aan Jesus se voet - Rembrandt skets Moses by die brandende bos - Rembrandt skets Jesus genees die Melaatses - Rembrandt skets Terugkeer van die verlore seun - Rembrandt skets

Die Verlore Seun

Luk 15:11  Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad.

Luk 15:12  En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.

Luk 15:13  En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.

Luk 15:14  En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.

Luk 15:15  Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.

Luk 15:16  En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.

Luk 15:17  Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!

Luk 15:18  Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,

Luk 15:19  en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.

Luk 15:20  En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.

Luk 15:21  En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.

Luk 15:22  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.

Luk 15:23  En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.

Luk 15:24  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

Luk 15:25  En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.

Luk 15:26  En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.

Luk 15:27  Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.

Luk 15:28  En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.

Luk 15:29  Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.

Luk 15:30  Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.

Luk 15:31  Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.

Luk 15:32  Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.


Die barmhartige Samaritaan

Luk 10:25  En daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

Luk 10:26  En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

Luk 10:27  En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Luk 10:28  Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

Luk 10:29  Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?

Luk 10:30  En Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

Luk 10:31  En bygeval het ‘n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

Luk 10:32  En net so het ook ‘n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

Luk 10:33  Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

Luk 10:34  en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg.

Luk 10:35  En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

Luk 10:36  Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

Luk 10:37  En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.


Mar 1:40  En daar kom ‘n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.

Mar 1:41  En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!

Mar 1:42  En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.

Mar 1:43  En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg

Mar 1:44  en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot ‘n getuienis vir hulle.

Mar 1:45  Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in ‘n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.

“Kinders leer meer uit wat jy is as uit wat jy aan hul sê...” (W E B Dubois - 1897)

“Dit is nie waarna jy kyk wat belangrik is nie maar wat jy sien...” (Henry David Thoreau)

“Woede is `n suur wat meer kwaad kan veroorsaak aan die houer waarin dit is as enigiets waarop dit uitgegiet word” (Mark Twain)

“Daar is twee geskenke wat ons aan ons kinders moet gee. Die een is vastigheid en die ander is vlerke...”

“Die rykste man is nie die een wat die meeste het maar die een wat die minste nodig het...”

BLYDENUUS VAN GELOOF


Ek glo in God die Vader

die Almagtige Maker

van alles in die hemel

en alles op die aarde.


Ek glo in hierdie Vader

met die wondernaam:

"Ek is wat Ek is",

werkwoordelik onvoltooid

voortdurend God.


Ek glo in hierdie Vader

van wie Moses slegs die rug

kon sien toe hy gevra het:

"Wys my U gesig."


Ek glo in hierdie Vader

die God wat Liefde is

en ons na hierdie aard gevorm het

tot vlees uit stof,

en dit gevul het met Sy Gees

sodat ons uit gewone mensesaad

mense na Sy beeld kan maak:

om hiérin onsself te wees -

om lief te hê

sonder vrees.


Ek glo in hierdie Vader

wat die waters uit Sy hemel gee

as teken van Sy seën

sodat elke volk -

wit en bruin en swart –

­in eie taal die Heer kan loof

en heersend oor die Skepping

voort kan gaan

om groente in akkers te plant

daarvan te eet en te dank.



Ek glo in hierdie Vader

wat Hom geopenbaar het in Sy Seun,

die Mens wat tussen ons kom woon het

as die Waarheid teen die Leuen:

"Sien dan dié Mens! - die geheim van My gesig."


Ek glo in hierdie Seun

die Timmerman van Nasaret

wat gekom het

en kom om ons te ken

elkeen na sy naam ­

in die fynheid en die grofheid van sy grein

en in die jaarringe van sy pyn.


Ek glo in Jesus Christus

die Mens na God se hart

wat God se wil gekies het

om deur die haat en klein begrip

van mense 'n doringkroon te dra,

en van God geskei te word

in die Godverlatenheid van Golgota ­

die doderyk deurgrond het

en opgestaan het

dat ons onvervreem van God

verby die dood ewig vry kan lewe.


Ek glo in hierdie Jesus

wat opgevaar het na die Vader

en vandaar die sagte oordeel bring

omdat Hy nader aan my is

as wat ek aan myself is;

my kern ken,

verby die vel

tot in die chemie van die sel;

wat weet hoe diep my blindheid is

en my vashou ­–

styf teen die braille van Sy lyf.



Ek glo in die Heilige Gees

die Wind van God

wat oor die leegheid van my lewe waai

en die koers bepaal ­

weg van myself weg van Tarsis

na die nood in Ninevé.


Ek glo aan die kerk wat uit Christus groei

tot nuwe skeppingswerk;

om alle mense

met geloof en hoop en liefde te verbind

aan die Koninkryk van God se Kind.


Ek glo aan die gemeenskap van stukkende sondaars

wat kniel voor die Heiligheid van God.


Ek glo aan die vergiffenis ­

dat Genade altyd groter is

as my sonde en geskiedenis.


Ek glo aan die heropstanding van die liggaam

want ek glo in Christus.


Ek glo aan die ewige lewe

wat hier begin

en ná die dood

die blydenuus bly sing.


(Outeur: Wilhelm Jordaan)


Prediker 12


  1. En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie—

  2. voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,

  3. dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word,

  4. en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word.

  5. Ook sal hy bang wees vir ‘n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan.

  6. Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val

  7. en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

  8. Alles tevergeefs, sê die Prediker, dit is alles tevergeefs.

  9. En behalwe dat die Prediker ‘n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel.

  10. Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is—woorde van waarheid.

  11. Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee.

  12. En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees.

  13. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

  14. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.

1.  Prys die Heer met blye galme,

o my siel, daar’s ryke stof!

‘k Sal solank ek leef my psalme

vrolik toewy aan sy lof

en Hom, wat sy guns my bied,

altyd groot maak in my lied.


Halleluja! Halleluja! --

want so behaag dit die Heer.

Halleluja! Halleluja! Halleluja! --

want so behaag’t die Heer.

Halleluja!


2.  Dis die God der leërmagte,

troue Bondsgod van weleer,

God van wordende geslagte,

tot in ewigheid die Heer.

Sion, sing dié God ter eer,


Psalm 146 -- JD du Toit 1937


In die dae van Pennies is daar volgens oorlewering nie 1937 pennies in die Kerk se kollektebord gegooi nie. Die 1940 pennie was weer in orde.

Die rede was eenvoudig dat die ‘vurk’ wat die man vashou te veel soos die duiwel s’n gelyk het.

Hul was dus geskik vir ‘Wilson toffies en kougom” By die winkel!

Pinkster (in Wikipedia, die vrye ensiklopedie)



(Die Heilige Gees word oor die dissipels van Jesus van Nasaret uitgestort

(Ingeborg-psalter, omstreeks 1200)





Pinkster (afgelei van die Griekse πεντηκοστή [μέρα], pentekostē [hēmera], 'die vyftigste dag') is 'n Christelike fees ter herinnering aan 'n belofte wat Jesus van Nasaret vir sy volgelinge gemaak het. Volgens die Christelike Pinkster-teologie sou hy vyftig dae ná sy opstanding 'n helper, die Heilige Gees, stuur om sy aanhangers, wat in Jerusalem vergader het om die Joodse Wekefees te vier (Die handelinge van die apostels 2:1-41), met nuwe krag te beklee. Pinkster word sedert die 3de eeu as 'n Christelike fees gevier (die eerste historiese verwysing na die fees dateer selfs terug na die jaar 130) en is gegrond op die Joodse tradisie van die Wekefees (Hebreeus: Sjavoeot), wat vyftig dae ná die Pasgafees (Hebreeus: Pessag) gevier is. In ooreenstemming hiermee val die Christelike Pinksterfees op die vyftigste dag ná Pase.

Gedurende die eerste Pinkster het die Heilige Gees oor Jesus se dissipels neergedaal. Die Heilige Gees het die vorm aangeneem van tonge van vuur, en 'n druisende wind, wat die huis gevul het waar hulle gesit het. Die dissipels het vervul geraak met die Heilige Gees en hulle het begin om in vreemde tale te praat wat hulle self nie geken of verstaan het nie. Sommige besoekers aan Jerusalem vanaf ander dele in die Romeinse Ryk het die tale verstaan, maar sommiges het  dit nie verstaan nie, en het gedink die dissipels was dronk of beset deur bose geeste.

Volgens die Boek van Handelinge, was die Pinkster ondervinding waargeneem deur 'n groot groep mense, en dit het verwarring en ekstase meegebring.

Toe die mense die geluid hoor, het 'n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. Verras en verbaas sê hulle toe: "Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het." Hulle was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: "Wat kan dit tog beteken?" Maar party het gespot en gesê: "Hulle is dronk." Handelinge 2:6-13

Toe het Petrus met die groep mense gepraat, en verduidelik dat die vreemde verskynsels deur die profeet Joël voorspel was, en dat dit die profesie van Dawid bevestig het. Petrus het die luisteraars vermaan om na Christus te keer. Toe hy gevra word wat 'n mens moet doen, antwoord hy: "Belei, en word gedoop, elkeen van julle in die naam van Jesus Christus, vir die vergewing van julle sondes, en julle sal die geskenk van die Heilige Gees ontvang." Omtrent drie duisend het gehoor gegee aan Petrus se versoek en was gedoop.

Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: "Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre.Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het:Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Handelinge 2:14-21

Die eerste Pinksterfees word in die Christelike tradisie as die stigtingsdatum van die oorspronklike Ekklesia (Kerk) beskou.

Joodse oorsprong [wysig]

Die Christelike Pinkstergebeure het volgens die Nuwe Testament van die Bybel (Handelinge 2:1) tydens die Joodse fees Sjavoeot plaasgevind. Hierdie fees is ter herinnering aan die openbaring van die Torah aan die Joodse volk as een van die belangrikste feesdae van die Joodse godsdiens gevier. Sjavoeot beteken letterlik 'weke' en verwys na die sewe weke ná die Pessagfees, wat op die vyftigste dag voltooi is. Die Griekse benaming pentekostē, waaruit ook die Afrikaanse naam Pinkster ontstaan het, is reeds op hierdie tradisie gegrond. Sjavoeot was daarnaas ook 'n oesdankfees en het die einde van die koringoestyd gemarkeer wat met Pessag begin het.

Kategorie: Christelike herdenkings uit web bladsy http://af.wikipedia.org/wiki/Pinkster

Daar is nie net 'n wysheid van die hoof nie, maar ook 'n wysheid van die hart. En die hart se kennis en wys­heid kom onder andere ook deur die droom en die ver­beelding, wat ons nie moet versmaai nie, want daarmee weef die hart dikwels 'n wonderwêreld wat buite die bevatlikheid van die hoof is, maar daarom tog nie min­der werklik of minder waardevol nie. Want wie sal al­tyd kan sê wat is werklikheid en wat is droom en ver­beelding?


Wanneer die hart dan weef aan sy drome, is dit met die draad van die liefde, want die liefde is nie net sy weefstof nie, maar ook sy weefstoel. Dit is nie net die kleur nie, maar ook die patroon. Want alles wat skoon is, is die liefde se kinders, en alle verlange is die liefde se lied, alle vervulling die liefde se seën.


Maar net soos die droom broos is, so is die liefde ook broos, en 'n mens mag dit nie aanraak sonder teer­heid nie. Want die liefde is soos die fyn draad van 'n droom wat geweef is om en deur die harde, puntige werklikheid. Daarom moet ons by die liefde eerbiedig wees en teer.


Alles wat kosbaar is, is aan die hart gebind met hierdie brose draad van die liefde. En hy bind nie net die kosbare dinge aan die hart nie, maar hy verinnig hulle en laai hulle met betekenis, ook die nietigste dinge wat die nederigste hart beleef. Om dit wat kosbaar is, moet ons bede dan altyd wees: behou vir ons die lief­de, al bring hy die traan; hou die ryp van die bloeisel weg, die mot van die vrug. En kom die herfs eendag, dan weet ons: die bruin van die herfsblaar is inniger mooi as die groen van die lente.


Maar ons almal vertroetel die jong liefde, die lente van die lewe, want uit hom groei die rypere wat later kom. Uit die winter se witheid, uit die herfs se ryk bruin, uit die somer se volheid kom ons almal saam om te waak oor die lente se broosheid en kwesbaarheid. En eendag, as die skeiding daar is, as die oes verby is en net die stoppels op die winterland staan, is die hart ryker van die liefde wanneer hy moet terugkeer tot sy bron, soos die stroom uiteindelik terugkeer na die see wat sy moeder is - sy oorsprong en sy toevlug.


As ons nie elke dag van ons lewe ons taak verrig met liefde en om die liefde ontwil nie, is ons soos die wat 'n beker berei wat slegs die helfte van die dors les. En sal ons nie uit dankbaarheid alleen ons beste gee nie, dag na dag, vir elke skone geleentheid wat ons gegee word om elke oomblik te oorwin en sinvol te maak ­met liefde en met toewyding?


Elke daeraad kom en weef sy tower-mantel rond­om die flarde van die nag. Daardie wonder-uur wan­neer elke dag gebore word, word ons elke dag gegun, eeu na eeu, daardie uur tussen duister en lig, die een stonde van halflig, waarin die droom nog in die hart lê, die uur wat die ontwaking bring van almal en alles wat met hulle bedrywigheid die groot glorie dien.


Elke heerlike dag trek oor ons heen soos 'n salwende hand op die voorhoof, soos 'n seën uit die hemel. Ons almal fladder, in ons bedrywigheid, teen sy helder, hoë gang, en borduur daar ons dag se taak, ons dag se inspanning en ons dag se toewyding. In die wye wee­dom van elke aandskemer word elke dag dan deur die eeue weggebêre by die gisters van ons bestaan - elkeen 'n bladsy in die verhaal van die mens.


En as ons eendag sou gaan terugblaai in die groot boek van die lewe, sal ons vind dat elke dag wat daar weggebêre is, slegs betekenis het in die mate dat die mens op die dag se blankheid sy liefde uitgeborduur en sy drome geweef het.


(Uit: ‘`n Rusplek langs die pad’ deur John van der Berg)

Daar kom vir ons almal 'n tyd dat ons voel ons staan alleen tussen al die menigvuldige dinge van die skep­ping.


Dan wonder 'n mens of ons al rekenskap gegee het van die vraag: waarom is ons alleen en afgesonder? Is dit nie veelal deur ons eie toedoen en die lewenspatroon wat ons self help maak het wat dit is nie? Want ons kan nie betwis dat daar 'n verband is tussen alle dinge wat ooit geskape is, en dat alle dinge 'n stille maar noodsaaklike afhanklikheid van mekaar het nie.


Die aarde wentel om sy baan, waar hy in ewewig gedra word deur planete- en sterre-krag. Die stille, dooie maan stoot die getye teen ons kuste op, reëlmatig en voorspelbaar.


Elke daeraad kom op sy gesette tyd, en op sy gesette tyd draai die aarde saans sy gesig van die son af en wentel na sy rus. Die gewasse van die bodem weet wanneer die reën kom, en hulle buig hulle aard na die klimaat van die streek waar hulle groei. Die voëls van die hemel weet waar en wanneer hulle hulle kos sal kry, en hulle trek na verre lande op hulle tyd.


In alles is daar reëlmaat en wetmatigheid. Net die mens is dikwels allenig tussen hierdie dinge, omdat hy sy deelgenootskap verkwansel en sy erfenis misken het.


Jaar na jaar word die kringloop van die seisoene voltrek volgens vaste wette: daar is die huppeling van die lente, die wasdom van die somer, die herfs met sy droefheid, die rus van die winter. Maar die mens het heengegaan en hom afgesonder, dikwels, van die ritme wat in alle dinge pols. Het hy nie vir hom 'n stelsel ont­wikkel waardeur hy eenkant gelaat word nie?


Soos altyd volg die dag en die nag mekaar nog op in die natuur, en in die aandskemer trek die voëls huis toe en die diere gaan rus, Maar die mens het die nag ingerig vir ander bedrywighede, as 'n verdowing teen die stryd van die dag waar sy arbeidsaamheid in vas­gestelde ure saamgepers is. Met die daeraad ontwaak die hele aarde met danksegging vir wat fris en nuut en skoon is. Net die mens deel nie in die loflied nie en ver­wens die nuwe dag waarin sy taak en sy lewe onnatuur­lik afgekamp is.


Van alle dinge het die mens alleen nie meer deel aan die polsing van die natuur wat dag en nag is nie. Uit die groot orkes wat met baie en verskillende instru­mente saam sing en saam juig en saam loof, het hy sy nietige fluit onttrek. Hy probeer daarmee op 'n ander en vreemde noot die groot simfonie oor-dreun.


In sy nietigheid het die mens hom afgesonder en gedink dat hy hom daardeur verhef. Met sy eie nietige strooihalm swaai hy in die magtige winde om hom en verbeel hom dis 'n septer wat hy swaai. Sy pols is nie meer ingestel om te klop saam met al die wesenlike dinge om hom nie. In die groot lied van die aarde, wat daagliks gewy word aan 'n groter glorie en 'n groter diens, staan die mens dikwels nors eenkant en sing sy eie lied tot sy eie lof en heerlikheid. As ons alleen is, is dit omdat ons ons afgesonder het van die skepping en ons Skepper.


Wat vir die mens se hart nodig is, is die ootmoed en die nederigheid wat hom weer sal laat besef dat hy in 'n sekere sin een is met die insek en die grassaad, die stormwind en die getye en die oneindige sterrestelsels op hulle magtige bane. Hy moet weer weet dat almal kinders van een saad is, lote van een stam, wat deur die­selfde sap gevoed en gebind word en wat in ootmoed stuwe na dieselfde blom en dieselfde vrug - die verheer­liking van die Skepper.



(Uit: ‘`n Rusplek langs die pad’ deur John van der Berg)

’Genade onbeskryflik groot

het U aan my bewys

verlore seun ’n wegloopkind

weer in die vaderhuis !


Ek is die naam van kind nie werd

wou self my sake reël.

My lewe, kanse, tyd en geld

is nutteloos verspeel.


Maar U sien ver, oneindig ver.

U sien my honger, dors.

Want toe ek kom, my skuld bely,

druk U my aan die bors.


Genade onbeskryflik groot:

daar’s fees, ek is weer tuis!

U Seun bring my—verlore mens

weer na die vaderhuis.


En jy, ou maat, daar eenkant weg?

Lyk of jy honger ly.

Kom na die Vader; kom maak reg.

Genade maak weer vry.


Genade onbeskryflik groot

Wat `n sondaar soos my red

Eens was ek verlore, maar nou gevind

Was blind, maar kan nou sien


Was Genade wat my hart leer vrees

En Genade wat my vrees verlig

Hoe kosbaar was Genade

Die eerste uur van my geloof


Menig gevare, probleme en strikke

Het ek reeds deurgaan

Genade het my so vêr gebring

Genade sal my Huistoe lei


God het net Goed vir my beloof

Sy Woord - my hart se hoop

Hy sal my Skerm, my Alles wees

Solank as lewe in my is


As ons eers tienduisend jaar Daar was

Helder-skynend soos die son

Sal ons niks minder tyd vir God kan loof

As toe ons eens begin…



(Vrye vertaling - John Newton - 1725-1807 - het dit oorspronklik geskryf as ‘Amazing Grace’)


John Newton se grafskrif (Deur homself geskryf en op `n marmersteen in St Mary , Woolnoth, Engeland)


Die grafskrif lees:


JOHN NEWTON, Klerk [Dominee]

Eens `n ongelowige en losbandige verlorene

`n handelaar in slawe in Afrika

Was, deur die groot Genade

Van ons God en Verlosser

JESUS CHRISTUS

Herstel, vergewe en

aangestel om  die Evangelie

Te predik wat hy so lank

gewerk het om te vernietig

Hy het gedien

Amper sestien jaar in Olney in Bucks

En agt en twintig jaar in hierdie kerk…


(Vrye vertaling)

Voor jy praat - laat jou woorde deur drie hekke gaan


By die eerste hek vra

‘Is dit waar?’


By die tweede hek vra

‘Is dit nodig?’


By die derde hek vra

‘Is dit liefdevol?’

Meeste glimlagte begin as gevolg van `n ander glimlag...

Moet nooit toelaat dat `n probleem om op te los belangriker word as `n persoon om lief te hê nie...

Wanneer jy tyd saam met God deurbring, kom daar altyd verandering in jou lewe (Anoniem)

http://neykie.wordpress.com

Die ou Keltiese Christene het van “dun plekke” gepraat waar God en mens mekaar kan ontmoet.

In die boek Spreuke is dit opvallend dat daar ‘n besonderse “dun plek” tussen God en koning Salomo was:

‘n ontmoetingsplek waarmee baie mense vandag nog kan identifiseer, naamlik die natuur.

(Dankie aan Elizabeth Kendall by: http://prentjiepret.blogspot.com/2013_03_26_archive.html)

‘In my tiener jare het die woestyn my gefassineer. Ek en my vriende het naweke na Joshua Tree begin gaan om te kampeer en berg te klim en partytjie te hou.

Die skoonheid wat ek daar gevind het, het my egter keer op keer laat terug gaan. Ek het ure lank in die woestynklowe ge­dwaal, afgebuk om die akkedis- en skilpadspore te bestudeer, hande-viervoet gaan staan om aan 'n kaktusblom te ruik

Die uitgestrektheid, die sobere skoonheid, die algehele verlatenheid het dit vir my gemaak wat die Kelte genoem het een van die 'dun plekke', waar die hemel en die aarde baie na aanmekaar kom. Ek het die teenwoordigheid van God op sulke tasbare maniere daar aangevoel.

En natuurlik was daar die berge en die hoë terrein, wat vir my destyds moeiliker bereikbaar was en dalk daarom des te meer met verlange en 'dunheid' gevul.’

(Uit ‘Die weg van die ongetemde hart’ deur John Eldredge)

Genade


In die nanag
vou die stilte
tjaliesag om my
dan weet ek
eensklaps,
skielik
hoe maak Hy my bly

Hy dra my oor die driwwe
Hy steek my weg in Sy hut
by Hom voel ek so veilig,
so knus en so beskut

met Hom wil ek my paadjie
huppeltrap en dans
vir my is Hy ‘n Rots,
‘n Vesting en ‘n Skans

oor nanagdrome en vrese
oor seerkry en verlang
oor lekkerlag en liefhê
sing ek my jubelsang

en altyd wéét ek seker
hoe Hy ons lei en stuur
in elke dag se daarwees
in kleinste bangwees-uur

dus:
soos ‘n driehoek puntmaak
en nes ‘n oumens kind raak
só wil ek my hele lewe lei:
my dankies aan Hom toegewy

(Elizabeth Kendall ©)

Skildery deur Elizabeth Kendall (http://elizabethartandphotography.blogspot.com/2013/07/eastern-free-state-land-of-thousand.html)

Skildery deur Elizabeth Kendall©

Op hierdie blaai sal gepoog word om skrywes te plaas wat die 'dun plekke waar God en mens ontmoet' waarvan die ou keltiese Christene gepraat het, illustreer. Iemand wat self `n ‘Dun Plek’ ondervinding gehad het of weet van `n treffende storie of vertelling moet dit asseblief aan ons stuur by joubertinadorp@gmail.com

Gebed


In drome vol angs

bedien my Heer my

‘n klein sakrament

uit sy hand

breek die maan

wit wolke oop

tot sagte nagmaalbrood

En môre by ontbyt

sit ek aan tafel.

Sny ek uit die bakkersbrood

die nag se droom weer oop.

o Vlees van die Woord

voed my in hierdie môre

met u hemelgraan

dat iets van nagmaal

in my dag bestaan.

(Wilhelm Jordaan, “Gebedeboek met

Liturgiese voorstelle”, 2001, bl 63)


Rose window and lancets, north transept of Chartres 1220 France sponsored by Blanche (mother of Louis IX), connects her family lineage to these people, colors caused church to glow, saint Anne holding young Mary, surrounded by kings and queens, coats of arms, politically loaded images, otherworldly light Parting of Abraham and Lot, mosaic on nave wall Santa Maria Maggiore Rome

Ek Is


“Ek is,”

het die gesiglose God gesê

vir die kaalvoetvlugteling in die woestyn.

Kripties, tussen vlamme en dorings deur:

“Ek is wat ek is.”


“Ek is”,

het die stowwerige timmerman gesê,

– vir die horde hongeres om hom:

“Ek is die brood van die lewe”;

– vir die dwalende skape:

“Ek is die goeie herder”;

– vir verdwaalde soekers:

“Ek is die deur,

Ek is die weg en die waarheid en die lewe.”


Toe swerms soldate kom soek na hom,

in die tuin vra wie Jesus is,

die een wat glo die Christus is,

het hy helder geantwoord:

“Ek is.”

Met straaltjies bloed en sweet

wat pad soek deur die stof aan sy slape

het God vir ons gesig gekry.


(Neels Jackson in “Woordwyser , 2006”, bl 87)


Fra Angelico 1450 - Agony in the Garden, after the Mount of Olives, Jesus went up to the Garden of Gethsemane. He took with him Peter, James and John. He prayed there to his father Lord, begging him to release him from crucifixion.

Maria


’n Engel het dit self gebring,

die vreugde-boodskap – en jy het

’n lofsang tot Gods eer gesing,

Maria, nooi uit Nasaret!


Maar toe Josef van jou wou skei

en bure-agterdog jou pla,

het jy kon dink eenmaal sou hý

die hele wêreldskande dra?


Toe jy soms met ’n glimlag langs

jou liggaam stryk … die stilte instaar …

wis jy met hoeveel liefde en angs

sou hý sy hellevaart aanvaar?


Die nag daar in die stal – geeneen

om in jou nood by jou te staan –

het jy geweet dat hy alléén

Getsemane sou binnegaan?


Toe vorste uit die Ooste kom

om nederig hulde te betoon,

wis jy hoe die soldate hom

tot koning van die volk sou kroon?


En toe hy in jou arms lê,

sy mondjie teen jou volle bors,

het jy geweet dat hy sou sê,

toe dit te laat was: Ek het dors!


Toe dit verby was en jy met

sy vriend Johannes huis toe gaan –

Maria, vrou van smarte, het

jy tóé die boodskap goed verstaan?


Elisabeth Eybers (1915-2007)

Uit: Belydenis in die skemering, 1936


1 Korintiërs 13


Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.


En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.  


En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.  


Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.


Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.


Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë -- hulle sal tot niet gaan; of tale -- hulle sal ophou; of kennis -- dit sal tot niet gaan.


Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.


Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.


Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.


En nou bly geloof, hoop, liefde -- hierdie drie;


maar die grootste hiervan is die liefde.......


Verskillende name vir Jesus in verskillende tale:-


Afrikaans: Jesus

Hebreeus: (Christene sê "Yeshua  "; Jode sê "Yeshu")

Engels: Jesus

Frans: Jésus

Duits: Jesus

Swahilli: Jesus

Arabies: Isa

Grieks: Ιησούς

Italiaans: Gesù

Russies: Иисус

Spaans: Jesús

Bulgaars: Исус

Tjeggoslowakies: Ježíš

Hollands: Jezus

Estnies: Jeesus

Hongaries: Jézus

Romaans: Isus

Turks: Isa

Gekruisigde Jesus deur Carole Foret Voorstelling van Maria en Jesus

“Buite die strukture van die kerk as instelling sal gelowiges onbevange moet immigreer om mense op die markplein te gaan ontmoet.


Die doel moenie in die eerste plek wees om mense na die kerk te bring nie, maar om die geloof in Jesus Christus diakonaal onder mense sigbaar en voelbaar te maak.


Dáár moet ons gaan soek na 'dun' plekke in mense se lewens, waar die skeiding tussen die sigbare werklikheid en die heilige teenwoordigheid van God deur sy Gees vervaag, en mense God se teenwoordigheid ervaar.


Juis dáár moet ons leer om afstand te doen van ons meesternarratiewe, en onbevange luister na die klein verhale van mense.


Saam met hulle moet ons weer begin luister na die verhale oor God, en probeer ontdek hoe die groot Godsverhaal ons klein verhale omvorm en nuwe sin aan ons lewe gee.”

(Aanhaling uit artikel deur TFJ Dreyer)

Jesus met die tollenaar Saggeus in boom

Omdat Jesus Christus die Wet vir ons volkome vervul het, word die tien gebooie in Hom tien beloftes aan ons.


Eerste gebod:  Ek belowe jou dat as Ek die eerste plek in jou lewe inneem jy geen ander gode sal wil dien nie – Ek sal die eerste en ereplek in jou lewe hê.


Tweede gebod: As Ek in jou hart is, belowe Ek dat jy geen gesnede beelde van my sal maak nie.  Dit sal nie nodig wees nie, want jy sal self my beeld dra.


Derde gebod:  As jy my liefhet, sê Jesus, belowe Ek jou dat My naam nooit ‘n vloekwoord oor jou lippe sal kan wees nie, maar steeds en in alle omstandighede deur jou in ere gehou sal word.


Vierde gebod:  As ek die ereplek in jou lewe het, belowe Ek jou dat die Sondag die hoogtepunt van die week vir jou sal wees.  Dit sal vir jou ‘n vreugde wees om kerk toe te gaan – ‘n dag nie om teen op te sien nie, maar na uit te sien!


Vyfde gebod:  As ek in jou lewe is, belowe Ek vir jou dat dit vir jou ‘n voorreg sal wees om jou ouers te eer en lief te hê.  Dit sal vir jou nie moeilik wees nie, want agter hulle sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies en geleen het.


Sesde gebod:  Ek belowe jou dat jy nooit iemand sal wil seermaak nie, wat nog te sê doodmaak.


Sewende gebod:  Ek belowe jou dat as jy my liefhet, dit nie moeilik sal wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie.  Gee my ‘n plek in julle huwelik en Ek sal julle liefde vir mekaar en julle geluk in My hande bewaar en vashou.


Agste gebod:  As Ek op die troon van jou hart sit, belowe Ek dat jy nie daarop ingestel sal wees om iets van ander te neem nie.  Jy sal daagliks vra:  Aan wie en waar kan ek aan ‘n ander iets GEE?  Maar néém?  Nee, nooit....!


Negende gebod:  As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van ‘n ander kwaad te praat nie.  Ek belowe jou dat Ek deur My Gees jou ‘n lojale mens sal maak wat van ander geen woord sal sê as dit nie iets goed kan wees nie.


Tiende gebod:  Ek belowe dat Ek deur My Gees jou so sal vul met dankbaarheid dat jy niks meer sal begeer nie.  Jy sal vergenoeg wees met wat jy het, met die besef dat God gee soos wat Hy dit nodig vind en as Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat niks jou sal ontbreek nie.   (Uit ‘Die Vrou op pad’)

TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.


Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.


Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.


Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.


Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.


Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.


Jy mag nie doodslaan nie.


Jy mag nie egbreek nie.


Jy mag nie steel nie.


Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.


Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.


(Uit Exodus 20)

Stipagrostis_ciliata_Duruchaus

Stipagrostis ciliata Duruchaus (Langbeenboesmangras)

Hierdie gras saad (Foto links bo) is `n goeie voorbeeld van die ‘Perfekte Ontwerp’ van God se Tuin. Dit kom byvoorbeeld by Vanwyksvlei voor waar die grond hard en dor is. Die ontwerp van die saadjie veroorsaak dat dit in die grond ingeboor word, gestut deur die twee ‘sydrade’ en die ‘hefboom’ is die gebuigde top met die syagtige pluime op wat deur die wind aangedryf word.

Hierdie gras is `n goeie voorbeeld van die ‘Perfekte Ontwerp’ van God se Tuin. Dit kom byvoorbeeld by Vanwyksvlei voor waar die grond hard en dor is. Die ontwerp van die saadjie veroorsaak dat dit in die grond ingeboor word, gestut deur die twee ‘sydrade’ en die ‘hefboom’ is die buig met die syagtige pluime op wat deur die wind aangedryf word. Hierdie gras is `n goeie voorbeeld van die ‘Perfekte Ontwerp’ van God se Tuin. Dit kom byvoorbeeld by Vanwyksvlei voor waar die grond hard en dor is. Die ontwerp van die saadjie veroorsaak dat dit in die grond ingeboor word, gestut deur die twee ‘sydrade’ en die ‘hefboom’ is die buig met die syagtige pluime op wat deur die wind aangedryf word. Hierdie gras is `n goeie voorbeeld van die ‘Perfekte Ontwerp’ van God se Tuin. Dit kom byvoorbeeld by Vanwyksvlei voor waar die grond hard en dor is. Die ontwerp van die saadjie veroorsaak dat dit in die grond ingeboor word, gestut deur die twee ‘sydrade’ en die ‘hefboom’ is die buig met die syagtige pluime op wat deur die wind aangedryf word.

Sondag-meditasie

Films

God steek elke dag Sy hand op ‘n ryke verskeidenheid van maniere na ons toe uit. Die ou Keltiese Christene het van “dun plekke” gepraat waar God en mens mekaar kan ontmoet. Het jy vannaand ‘n goeie film gesien? Of na ‘n interessante TV-program gekyk? Dit kan ook ‘n “dun plek” wees.

August Lumiere, het die eerste kamera wat beweging kon registreer in 1895 aan die wêreld bekend gestel. Hy het nie veel hoop vir die nuwe tegnologie gehad nie. En het selfs gesê die wetenskaplike nuuskierigheid sal vir ’n kort tydjie geprikkel word, maar dat dit geen kommersiële waarde het nie. Hoe verkeerd kan ‘n mens wees?

Vandag twyfel ons nie meer oor die invloed van films nie. Die Engelse vervaardiger van die film Chariots of Fire, David Puttnam, is daarvan oortuig dat sy lewe tot ‘n groot mate gevorm is deur ‘n plek …… vyf en ‘n half duisend myl van sy huis af. Vir hom was Hollywood se invloed oorweldigend.

Films word meermale dié kunsvorm van die 20ste eeu genoem. Daar is ‘n mooi aanhaling deur Ken Gire oor wat ‘n film kan doen:

“Movies take the common crystal of human experience, cut it, polish it, and hold it up to the light of a 35 mm projector so those sitting in the dark can see it sparkle, and, leaving the theater, take some of that sparkle with them.”

Dit is moontlik om ‘n God-ervaring in ’n filmteater te hê. Het jy al so ‘n oomblik beleef? Een van my oomblikke was tydens die film, Chocolat, wat op die Franse platteland afspeel. Die openings-toneel is ‘n ordelike Sondagerediens onder die wakende oog van die burgemeester. Maar dan daag Vianne op. ‘n Sjokolade-verkoper wat taboo’s oortree en tradisies bedreig.

Haar warmte bring mense se versteekte seer aan die lig en daar kom genesing. Die arme jong priester, Père Henri, word gedwing om vir strenge moraliteit en teen mede-menslikheid te kies. Maar as die stadsvader self die stryd teen onmenslike reëls verloor, kry die priester die geleentheid om uit sy hart uit te preek. Chocolat eindig weer in die kerk. Père Henri se voel-voel Paaspreek was ’n “dun plek” tussen my en God. Sy preek is:

“Ek is nie seker wat die tema vir my preek vandag moet wees nie.

Wil ek praat oor die wonder van Christus se opstanding?

Nee, nie regtig nie.

Ek wil nie oor Sy goddelikheid praat nie.

Ek wil eerder oor Sy menslikheid praat.

Ek bedoel, jy weet, hoe Hy sy lewe hier op aarde geleef het.

Sy ‘goedheid’, sy ‘verdraagsaamheid’ ….

Luister, dit is wat ek dink.

Ek dink ons kan nie rondgaan en ons goedheid meet aan dit wat ons nie doen nie.

Aan wat ons onself ontsê, wat ons weerstaan en vir wie ons uitsluit nie.

Ek dink dat ons ons goedheid moet meet aan dit wat ons omhels, wat ons skep ….

en wie ons insluit.”


Hierop kan ons “Amen” sê.

(Barnard Steyn op www.vuurkairos.wordpress.com/2009/10/

thin-places-abound.jpg

Prediker 3 (Vers 1 - 8)

ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd:


’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te roei wat geplant is,


’n tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak, ’n tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou,


’n tyd om te ween en ’n tyd om te lag, ’n tyd om te weeklaag en ’n tyd om van vreugde rond te spring,


’n tyd om klippe weg te gooi en ’n tyd om klippe bymekaar te maak, ’n tyd om te omhels en ’n tyd om ver te wees van omhelsing,


’n tyd om te soek en ’n tyd om verlore te laat gaan, ’n tyd om te bewaar en ’n tyd om weg te gooi,


’n tyd om te skeur en ’n tyd om aanmekaar te werk, ’n tyd om te swyg en ’n tyd om te spreek,


’n tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.


Soos die wildsbokke in staat is om die sout wat teen die onmoontlike steil damwal in Italië is, te bereik - net so rus God ons toe om die onmoontlike steiltes van damwalle in ons eie lewe te oorkom, as ons Hom vra om Hulp.

(Foto’s geneem deur Adriano Migliorati van Caters News. Kliek hier vir die ‘National Geographic bladsy)

Getuienis van `n volslae alkoholis

Die aand van Woensdag, 25 Januarie 1989, was toe ek totaal oorgegee het. `n Lewe met drank kon ek nie meer voorstel nie maar ook nie `n lewe sonder drank nie.... Drank het totaal oorwin en dit was skaakmat .... Gedurende daardie Woensdag het ek `n bottel Whiskey gedrink. Met nog `n bottel in my hand het ek die aand so 10-uur se kant, afgeloop see toe met die plan om in die see in te loop totdat ek sou verdrink as dit te diep word.


Soos wat ek geloop het, het die angs van die geweldige besluit in my bors kom vassit. Met die bottel whiskey het ek op `n hoë sandduin gaan lê en besluit om 5-uur die oggend in die see in te loop. Dit sou nog te vroeg wees vir ander mense wat miskien kon aflei dat hier iets snaaks aan die gang was en my probeer red maar sou my nog kans gee om ‘klaar te maak’. Die belangrikste ‘klaarmaak’ was seker die bottel drank, maar spontaan het my wese na God gedraai. Vir Hom het ek verduidelik wat my probleem was, dat ek nie verder met drank of daarsonder kon leef nie. Dat ek weet dit is waarskynlik nie volgens Sy beplanning nie maar dat ek moes ‘huis toe kom’.


Dit was `n vreemde atmosfeer op daardie sandduin. Daar was `n rustige gevoel en in myself was daar `n gevoel van ekstase. Dit was `n wonderlike gedagte vir my om te dink dat ek nie die oggend weereens moes wakker word met wanhoop, angs en pyn in my siel en liggaam nie.  Dat die skuldgevoelens teenoor my familie kon eindig en dat die swart kol wat ek op die aarde gemaak het eensklaps weer wit en skoon kon wees. Belangrikste was, in my benewelde denke, dat die saak met God bespreek is en Hy verstaan...


Toe die bottel whiskey leeg was 5-uur het ek my klere op die strand gelos en in die water ingeloop. Dit was `n angs-moeë gevoel soos van `n soldaat wat in `n geveg inloop en weet dat hy nie sal oorleef nie. Een tree na die ander en elkeen so moeg en bewerig soos die van `n duisend eeue oue mens.... Sal daardie verslaenheid nooit vergeet nie....


Het tot by my nek in die see ingeloop toe iets my laat omdraai en ek uitgestrompel het. In die vlak water het ek my bewussyn verloor en omdat die gety besig was om uit te gaan het ek nie verdrink nie. So 10-uur het iemand my wakker geskop en het die teleurstelling in my opgewel. Die hel was nog nie verby het ek besef...


Dit was twee maande daarna wat ek nugter geword het deur God se Genade en leef van toe af sonder drank en probeer elke dag reik na God vir krag.


Baie later het die besef gekom dat in daardie helle-nag, ek vir God gesmeek het vir hulp en dat ‘ek’ totaal oorgegee het aan Hom. Dat daar nie meer een enkele ding was wat van my kant kon gebeur om my te red nie. Vandag weet ek dat dit my grootste ‘dun plek’ ondervinding met God ooit was. Dat Hy so naby aan my was soos waarskynlik nooit tevore en dat Hy besluit het dat ek nog moes leef want vir my was die lewe op. Dat daar net een ry voetspore afgeloop het van daardie sandduin af... dat Hy rustig in Liefde en Deernis gewag het dat ek my wil oorgee aan Sy wil...


Vandag kan ek getuig dat daar drie belangrike dinge daardie nag gebeur het. My erkenning wat aan God gemaak is dat op my eie kon ek nie een tree verder gaan nie. Die ingryping daarna deur God en my besef dat ek totaal op God se genade aangewese is. Van toe af  bly ek nugter deur elke dag vir God te vra om my by te staan in die lewe se golwe en deinings, want self is ek te swak.


 Jare later bly dit steeds vir my `n wonderwerk dat die plek van grootste swaarkry ook die plek van grootste geluk kan wees, met God se ingryping... (Hier onder is `n foto van die sandduin waar die skeiding tussen hemel en aarde vir my eenkeer ‘dun’ geraak het toe dit op die nodigste was)        (Anoniem)


Voetspore op die strand...

Voetspore

Een nag het ek gedroom. Ek droom ek stap saam met God langs die strand terwyl my lewe voor my verbyflits.


In elke toneeltjie wat ek sien is daar twee rye spore in die sand - een ry myne die ander die van God.


Toe die laaste toneel verby is kyk ek terug. Ek sien dat daar dikwels langs die lewenspad net een ry voetspore lê elke keer in die moeilikste, hartseer tye van my lewe.  


Dit pla my en ek vra God, "Here, U het dan belowe om my nooit te begewe of te verlaat nie maar nou sien ek in my tye van beproewing net een ry spore op die pad.  Ek verstaan nie hoekom was U nie daar juis toe ek U nodig gehad het nie."


En God antwoord, "My kosbare kind, Ek is die Goeie Herder wat vir my skape sorg en elkeen liefhet.


Ek sou jou nooit alleen laat nie. Daar waar jy net een ry spore sien - dit was toe Ek jou gedra het."

Dis so wonderlik  dat ek Jesus ken

Ag - hoe vas klou ek aan Hom

Sodat Hy my hart verfris

wanneer ek siek en hartseer is.


 Jesus het ek, wie my lief het

En Hy gee aan my wat Syne is,

Daarom sal ek Hom nooit verlaat

Al voel ek asof my hart wil breek.


 Jesus my ewig vreugde

my hart se troos en wese,

Jesus beskerm my van alle lyding,

Hy is my lewenskrag

 my oog se vreugde en son,

my siel se liefde en skat;

daarom sal ek Hom

Nooit uit my hart en sig laat gaan…


(Vrye vertaling ‘Bach - Jesu, Joy of man’s desiring)

Stuur gedagtes vir plasing op die blaai na:- joubertinadorp@gmail.com

                    Kyk die lewe in die oë


Is dit donker om jou, het jy moed verloor
Het die swaard van seerkry jou hart deurboor
Het die gee en die vat van die lewe jou moeggemaak
Het die winterkoue in jou hart kom bly

Het jy vergeet hoe dit voel om te glimlag
Het jy vergeet daar's tog 'n lig in elke nag
Tel op jou oë, op na bo
Tel op jou kop, kom staan nou op!

[Koor]
Daar's 'n plek in die son vir jou in hierdie wêreld
Daar's 'n doel en 'n rede hoekom jy nou hier is
Gaan haal jou drome en maak dit joune
As jy daarin glo, en in jouself kan glo
Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë

Jy weet, as jy afval kan jy weer opklim
En as jy onder is kan jy weer oor begin
Elke storm wat jy oorleef maak jou sterker
En alles wat kon gewees het is verby
Moenie terugkyk nie, moenie omkyk nie!

[Koor]
Daar's 'n plek in die son vir jou in hierdie wêreld
Daar's 'n doel en 'n rede hoekom jy nou hier is
Gaan haal jou drome en maak dit joune
As jy daarin glo, en in jouself kan glo
Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë

Diep in jouself is iemand wat kan aanhou
En Iemand wat jou vertroos en jou sal vashou
Draai jou nat oë uit by jou ruite
Sien die warm van die son se strale buite

Tel op jou oë, op na bo

Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë
Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë

(Juanita du Plessis)


                         Lied 518


Voel jy soms of die Here te vér is?

Twyfel jy soms aan God se bestaan?

Jy moet glo dat die

Heer met jou saamloop,

dat sy Gees oral met jou sal gaan.


Jesus sê Hy kom weer,

Hy kom uit die hemel neer,

met basuin en geskal

kom Hy al sy mense haal.


Deur sy Woord weet ons Jesus

gaan t'rugkeer

na ons wêreld met alles daarin.

Wat gebreek is,

sal Jesus kom heelmaak;

deur sy Woord weet ons alles maak sin.


Hoor hoe sag waai die wind,

kyk die glimlag van 'n kind.

Maak jou los van die kwaad;

dis jou Skepper wat hier praat.


Voel jy soms of die Here te vér is?

Twyfel jy soms aan God se bestaan?

Jy moet glo

dat die Heer met jou saamloop,

dat sy Gees oral met jou sal gaan.


Vleuels soos die Arende

Jes 40:28  Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

Jes 40:29  Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Jes 40:30 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;

Jes 40:31  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

________________________________

2Kn 6:16  Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.

2Kn 6:17  En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.

________________________________

Eks 19:3  Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:

Eks 19:4  Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.

Eks 19:5  As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.


Plato - Boek VII van ‘Die Republiek‘


Die Allegorie van die grot


Hier is 'n kort storie uit Plato se mees bekende boek, ‘Die Republiek’. Sokrates is in gesprek met 'n jong volgeling, by name Glaucon, en vertel hom hierdie fabel om te illustreer wat dit is om 'n filosoof te wees - `n liefhebber van wysheid:


Plato vertel dit asof dit Socrates, Plato se leermeester is, wat met Plato se ouer broer, Glaucon, gesels.

“Die meeste mense, insluitend onsself, leef in 'n wêreld van relatiewe onkunde. Ons is selfs gemaklik met daardie onkunde, want dit is al wat ons weet. Wanneer ons begin om waarheid die eerste keer in die gesig te staar, kan die proses vreesaanjaend wees, en baie mense hardloop eerder terug na hulle ou lewens. Maar, as jy aanhou om die waarheid te soek, sal jy uiteindelik in staat wees om dit beter te hanteer. Trouens, jy wil meer daarvan hê! Dit is waar dat baie mense rondom jou nou kan dink jy is van lotjie getik of miskien selfs 'n gevaar vir die samelewing is, maar mens gee nie daaroor om nie. Sodra jy die waarheid geproe het, sal jy nooit weer onkundig deur die lewe wil gaan nie!


[Sokrates praat met Glaucon]


[Sokrates:] En nou het ek gesê, laat ek jou met behulp van `n prentjie wys in watter mate ons as mens ingelig is of oningelig is: - Kyk! mense wat in 'n ondergrondse grot leef, waarvan die ingang oop is vir lig en die lig skyn orals deur die grot; hulle leef hier al van hul kinderjare, en is aan hul bene en nekke vasgeketting, sodat hulle nie kan beweeg nie, Hul kan slegs voor hulle kyk want die kettings verhoed dat hulle hul nekke kan draai. Bo en agter hulle brand 'n vuur op `n afstand, en tussen die vuur en die gevangenes is daar 'n verhoogde pad, en jy sal `n lae muur langs die pad sien as jy kyk, soos die skerm wat marionet kunstenaars voor hul het waaroor hul hulle poppe vertoon.


[Glaucon:] Ek verstaan.

Maslow se piramide is `n goeie voorbeeld van hoe God in AL ons behoeftes voorsien... Beginnende met daaglikse brood.

Maslow se piramide toon hoe God in AL ons behoeftes voorsien...

Beginnende met daaglikse brood - as ons Hom net vra.......

Handelinge 1: 1 - 11


Hnd 1:1   Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het


Hnd 1:2  tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees            bevele gegee het;


Hnd 1:3  aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae         aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.


Hnd 1:4  En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om         te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.


Hnd 1:5  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie         dae nie.


Hnd 1:6  Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?


Hnd 1:7  En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag         bepaal het nie;


Hnd 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem         sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.


Hnd 1:9  En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.


Hnd 1:10  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,


Hnd 1:11  wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in          die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.


Lied 514


1

Ek weet vir seker:  Jesus is Heer -

Hy het my sonde uit liefde vergeef.

Ek was verlore, maar is gevind;

nou het ek vrede - ek is Gods kind.

Hy is my leidsman - Hy laat my leef.

Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer.

Uit sy genade, liefde en trou,

weet ons hoe God sy kinders behou.


2

Lig is sy las en sag is sy juk.

Hy gee vermoeides die ware geluk.

Selfs as ek struikel, en dit berou -

Hy sal vergewe, Hy bly getrou.

Hy is my leidsman - Hy laat my leef.

Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer.

Uit sy genade, liefde en trou,

weet ons hoe God sy kinders behou.


As die wêreld met al sy skeppinge, mense, diere, plante, lig en donker - `n tapisserie is, dan is God die Wewer en Sy Liefde is die wol. (Anoniem)

HEMELVAART

Jesus se Hemelvaart word gevier op die Donderdag veertig dae na Paasfees en tien dae voor Pinkster.

Die viering van Hemelvaart help ons om te besef dat godsdiens nie 'n abstrakte saak is nie, maar alles met ons aardse bestaan te doen het. Hemel en aarde raak as 't ware aan mekaar en is eintlik deel van een groter entiteit.

Beide die hemel en die aarde word "God se woonplek" in die Bybel genoem. Die opstanding gryp vooruit na die hemelvaart en Pinkster gryp terug daarna.

Hemelvaart is die skarnier tussen die twee vieringe, wat die dualisme tussen "hemel" en "aarde" ophef. Die een is so werklik en so toeganklik soos die ander. God is "tuis" by mense en mense is "tuis in die huis van die Here".

(Uit webwerf van NG Kerk Constantiapark)

"Baie jare gelede," het die storie gegaan, "het 'n man met die naam Blonden, 'n tou oor die Niagara valle gespan, en voortgegaan om die onstuimige waters oor te steek. `n Skare het bymekaargekom toe hy sy pad, terug na sy beginpunt, suksesvol gemaak het.

"Wie hier glo ek kan weer Niagara valle oorsteek, maar hierdie keer sal ek 'n kruiwa ook stoot?"

Die opgewonde skare het begin skree , "Ons glo,  ons glo! " En seker genoeg , Blonden bestuur die kruiwa suksesvol oor die valle en terug na die beginpunt, met die oproerige applous van die toeskouers!

"Wie hier glo ek kan Niagara valle `n 3’de keer oorsteek, maar hierdie keer met 'n persoon in die kruiwa?"

Die skare kon skaars hul entoesiasme in bedwang hou, so skouspelagtig was die prestasies van hierdie dood veragtende man. "Ons glo dit! Ons glo dit! "Het hulle geskree , al hoe harder .

Blonden het geantwoord: "Goed, wie sal dan omgee om my eerste vrywilliger in die kruiwa te wees?"

Stilte....

Geloof is om in die kruiwa te klim, nie net om te skree , "Ek glo!" nie.

Wanneer was die laaste keer dat jy in "God se Kruiwa was? "Miskien moet vandag die dag wees? Ek weet ek is in God se kruiwa op hierdie oomblik, as ons Hom vertrou met ons toekoms. Wie gaan saam met my ?

(Vrye vertaling van blog artikel op http://letotherthingsgo.wordpress.com


Die kerkvader, Augustinus, het eendag langs die see geloop. Diep besorgd loop hy en peins oor die leerstelling van die Drie-eenheid van God.

Hy kan dit nie verstaan nie en hy is ongelukkig daaroor. 'n Entjie vorentoe skep 'n seuntjie met 'n groot skulp water uit die see, hardloop dan na 'n gat toe wat hy in die sand gegrawe het en gooi die water in die gat.

Augustinus hou hom 'n rukkie lank dop. "Wat is jy besig om te doen, Grootman?" vra hy die outjie. "Oom ek is besig om die see in die gat wat ek gegrou te gooi," roep hy uitasem en hol alweer see toe om nog 'n skep water te gaan haal.

Met 'n verligte hart draai Augustinus om. "Dit is wat ek besig is om te doen," sê hy vir homself. "Ek staan op die kus van die tyd en ek probeer in hierdie nietige verstand van my dinge van die ewigheid in kry."

(Augustinus - 13 November 354 – 28 Augustus 430)

Huisgeloof#7 – Matteus 17:1-9: Die verheerliking op die berg

1 Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle alleen was.

2 Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.

3 Skielik het Moses en Elia aan hulle verskyn en met Jesus gepraat.

4 Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”

5 Terwyl hy nog praat, het 'n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en 'n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”

6 Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval.

7 Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: “Staan op en moenie bang wees nie.”

8 Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.

9 Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.”


Wat gebeur hier? ● Die doel van die verheerliking van Jesus is om aan die binnekring van die dissipels finaal duidelik te maak wie Hy is.  Dit gaan dus ten diepste oor Jesus se identiteit.  Hy is God se seun wat God uitverkies het om sy wil te doen en na wie hulle moet luister (vers 5).  Die soortgelyke woorde wat met Jesus se doop uitgespreek is (3:17), word nou ook aan die dissipels gerig.  


#Lion King: Jesus se verheerliking kan ʼn mens verstaan deur die volgende beeld: In die openingstoneel van die Lion King merk Rafiki, die bobbejaan, vir Simba, die welpie, bo-op die berg en dan hou hy vir Simba op sodat die diere hom kan sien. Dan breek die son deur en skyn op Simba - al die diere kniel, want hulle besef dis hulle koning se seun! Nou, dis presies wat God met Jesus op die berg doen om Hom figuurlik gesproke in die lug op te hou. Hierdie Jesus is My Seun gemerk deur My liefde en Hy is die fokus van al My vreugde en genot!


Sien ons vir God raak: Om blind te wees, is erg, maar om te kan sien en nie te sien nie, is erger! (Helen Keller)

Het Petrus, Jakobus en Johannes die oë om God reg voor hulle in die vorm van Jesus raak te sien? Hulle is van die eerste dissipels wat Hy geroep het, maar was hulle voorbereid op dit wat hulle daarbo op die berg sou sien en belewe? Hulle was bereid om hulle beroep te los en agter Jesus aan te loop, maar wat hulle bo op die berg sou belewe, het alles by verre oortref. Bo op die berg sien hulle vir Moses en Elia saam met Jesus, terwyl Sy gesig geblink het soos die son. Selfs die wolk was ʼn teken van God se teenwoordigheid.Hier bo op die berg, alhoewel vreesbevange, het hulle al die tekens gesien dat God deur Jesus werk. God se teenwoordigheid kon nie meer voor die hand liggend wees nie.

Maar God se teenwoordigheid is alles behalwe voor die hand liggend vir die meeste van ons. Dit was John Newton met sy beroemde gesang “Amazing Grace,” wat praat van “I once was blind, but now I see.” Skielik, onverwags en onverklaarbaar!

Om te sien wie Jesus is, wat Hy vir ons beteken, is ʼn epifanie. Dit is ʼn openbaring. Dit is ʼn geskenk van genade. Dit gebeur wanneer genade jou lewe transformeer sodat jy nou dinge kan sien wat jy voorheen nie eens bewus van was nie! Maar dan moet die oë daarvoor hê.


#Soek vir God se teenwoordigheid in die gewone

“God is not always silent and man(kind) is not always blind.” (Abraham Heschel).

Die Kelte het mos geglo dat jy na sekere plekke kon gaan om nader aan God te wees. Hierdie plekke het hulle “thin places” genoem. Hulle het selfs kaarte gehad wat die dun plekke aangedui het. Hierdie dun plekke is volgens die Kelte daar waar ʼn mens die teenwoordigheid van God kan voel en ervaar as eg soos wat Petrus, Johannes en Jakobus op die berg ervaar het.

Iemand het egter ’n waar ding gesê “As much as we might wish for a dramatic display of God's power and presence we will not receive one. We must build our faith on the evidence of God's presence that we have.


Ons moet vir Sy teenwoordigheid soek in dit wat voorkom asof dit iets gewoon is. Byvoorbeeld as ons nie vir God sien in ‘n wêreld vol geweld nie, miskien kan ons Hom sien in mense wat die stille moed om vrede te maak te midde van oorlog, bendegeweld of rassehaat

As ons nie vir God kan vind in ʼn wêreld met orkane, oorstromings en tsoenami’s nie, miskien kan ons vir God raaksien in mense wat in liefde uitreik na hulle wat alles verloor het.

As ons nie vir God in ons eie pyn kan sien nie, miskien kan ons Hom sien in hulle wat vir ons omgee en hoop brandend hou!


n dun plek naby aan jou

Dorothy Bass is iemand wat graag skrywe oor hierdie “dun plekke” (thin places). Sy vertel dat ons graag vir mekaar vra:  “Hoe was jou dag?” Soms luister ons nie eers ordentlik na mekaar se antwoorde nie. Sy vertel dan van ʼn ma wat van ʼn ander hoek die vraag gevra het. Voor haar kinders gaan slaap, vra sy hierdie vraag: “Waar het jy vandag vir God ontmoet?”

En hulle vertel haar een vir een: ʼn onderwyser het my gehelp, daar was ʼn daklose in die parkie, ek het ʼn boom gesien wat oortrek was met bloeisels. Dan vertel sy hulle waar sy God ontmoet het. So gaan hulle saam ʼn dun plek binne en beleef hulle hoe naby God aan hulle is.

Probeer gerus dit en sien hoe jy ook sulke dun plekke ontdek waar God en jy naby aan mekaar is!

(Dankie aan die Ng Kerk Welgelegen op Stellenbosch - MS Word dokument)

VREEMDELINGE

God steek elke dag Sy hand op ‘n ryke verskeidenheid van maniere na ons toe uit. Die ou Keltiese Christene het van “dun plekke” gepraat waar God en mens mekaar kan ontmoet. Om vreemdelinge te ontmoet, kan ook ontmoetings met God wees.

Procrustes in die Griekse mitologie woon in ’n huis langs ‘n deurpad. Moeë reisigers word ingenooi vir lekker kos en kuier. Die hoogtepunt van sy gasvryheid was om besoekers uit te nooi om te oornag. Procrustes het daarop geroem dat sy unieke gastebed die lengte van sy gaste presies pas. Maar daar is ‘n geheim wat hy nie verklap nie. Sodra die niksvermoedende reisiger bed toe gaan, spring Procrustes self aan die werk. Sy liggaamlike vereiste vir die besoeker is niks minder nie as die ideale proporsies van ‘n Griekse god. As die gas te kort is, word hy gerek; as hy te lank is, word sy bene korter gemaak. So pas sy bed alle mense.

As Jesus vreemdelinge ontmoet, is Hy so lief vir hulle dat Hy hulle aanvaar net soos hulle is. Hy het nie voorkeure oor geslag of taal of bevolkingsgroep nie. Jesus het nie vooropgestelde idees oor hoe mense moet lyk nie en respekteer ons soos ons is. Die Bybel sê dat God se kinders die verrassing sal ontdek dat God self in ‘n vreemdeling ontmoet kan word.

Ons lees in Matteus 25:

"Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ‘n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.

"Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’

Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ (Verse 31-40)

Gebed

‘n Ou Keltiese lied sing:

“We saw a stranger yesterday.

We put food in the eating place.

Drink in the drinking place.

Music in the listening place.

And with the sacred Name of the triune God

He blessed our house,

our cattle and our dear ones.

And the lark says in her song:

Often, often, often goes the Christ

in the strangers guise.” Amen.


http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/22/woensdag-meditasie-vreemdelinge/ Posted on 22/09/2009  Barnard Steyn

Numeri 20: 1 - 13

Núm 20:1  En toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

Núm 20:2  En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.

Núm 20:3  En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!

Núm 20:4  En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?

Núm 20:5  En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.

Núm 20:6  Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle.

Núm 20:7  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

Núm 20:8  Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.

Núm 20:9  Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het.

Núm 20:10  En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?

Núm 20:11  Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

Núm 20:12  Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.

Núm 20:13  Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.

"Nederigheid is die moeder van alle deugde;
reinheid, liefde en gehoorsaamheid.
Dit is in nederigheid dat ons liefde
lewend is en toegewyd en ywerig word.
As jy nederig is, sal niks jou raak,
nie lof of skande nie, want jy weet wat jy is.
As jy beskuldig word sal jy nie ontmoedig word nie
As hulle jou 'n heilige noem, sal jy jouself nie op 'n voetstuk plaas nie."


(Vrye vertaling van gesegde van moeder Teresa)



“In plaas van om vir God te vertel hoe groot jou vrese is,

  begin om vir jou vrese te vertel hoe groot jou God is.”

(Vrye vertaling - oorsprong nie gevind)

"Instead of telling God how big your fears are,
start telling your fears how big your God is."

WEES KALM… (Desiderata - ‘Dinge wat begeer kan word)


Wees kalm te midde van al die geraas en gehaas, en dink na oor watter vrede daar in stilte te vinde is.


Wees goed vir alle mense, sonder om jouself skade aan te doen.


Praat die waarheid, rustig en duidelik, en luister na ander – gee hulle die kans om hul eie verhaal vertel.


Vermy luidrugtige en agressiewe mense – hulle vermoei ’n mens se gees.


Wanneer jy jouself met ander vergelyk, sal jy in hoogmoed of bitterheid verval, want daar sal altyd mense wees wat kleiner of groter as jyself is.


Geniet dit wat jy al bereik het, sowel as jou planne vir die toekoms.


Stel belang in jou eie werk, hoe nederig dit ook al mag wees – dit is ’n kosbare skat in wisselende tye.


Wees versigtig wanneer jy sake doen, want die wêreld is vol bedrog. Maar laat dit jou nie verblind vir al die goedheid wat daar ook in die wêreld is nie:


baie mense strewe hul hoë ideale na en oral in die lewe sal jy helde teëkom.


Wees jouself. Moet nooit vals wees nie.


Moenie sinies oor die liefde word nie, want by al die dorheid en ontevredenheid bly die liefde so ewig soos gras.


Volg geduldig die verloop van jou jare en moenie terug verlang na dit wat verby is nie.


Versterk jou gees se krag sodat jy beskerm sal wees teen onverwagte teenslae.


Moenie jouself beangs maak deur allerhande kwellinge nie. Soveel van ons vrese word uit vermoeidheid en eensaamheid gebore.


Leer om jouself te beheer, maar moenie vergeet om ook vir jouself lief te wees nie.


Jy is ’n kind van die heelal, nie minder as die bome en die sterre nie. Jy het die reg om hier te wees, ook al is dit nie altyd vir jou duidelik hoekom jy hier is nie.


Tog gebeur alles soos dit moet gebeur en dit is goed.


Leef in vrede met God, hoe jy Hom ook al voorstel, en wat ook al jou werk en aspirasies mag wees:


Laat daar vrede in jou siel heers, al is die lewe vol lawaai en verwarring. Met al sy klatergoud, somberheid en mislukte drome bly dit nog steeds ’n pragtige wêreld.


Wees opreg. Strewe na geluk.


(Desiderata geskryf deur Max Ehrmann in 1927)

(Word soms ook toegedig aan “‘n Teks gevind in die ou St. Pauluskerk in Baltimore, gedateer 1682, vermoedelik deur ’n monnik geskryf”)

(Vertaling gevind op webwerf ‘www.oratorium.org’)

    SOMERKERSFEES


Welkom O stille nag van vrede 
onder die suiderkruis 
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis


Kersfees kom, Kersfees kom
gee aan God die eer
skenk 'n helder somer Kersfees 
aan hierdie land O Heer


Hoor jy hoe sag die klokke beier 
in eeue oue taal 
kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal


Voel jy ook nou sy warm liefde 
as ons die dag gedenk 
toe Hy sy Seun aan ons gestuur het
ons grootste Kersgeskenk

(Koos du Plessis)


DAAR is so baie dinge wat ons verafsku of versmaai net omdat ons hulle verbind aan die kwade wat daaruit kan vloei as hulle nie reg gebruik word nie. Dit is nie die goeie gawe wat die boosheid dra nie, maar die wat dit verkeerd hanteer.


Ook die grootste gawe van almal, die liefde, kan tot die kwade lei as dit met oneerbiedige vingers aan­geraak word. Om veel aan aardse goedere te besit, kan ook 'n geluk wees of 'n ongeluk.


Wanneer die besit tot doel gestel word, word alle dinge tot middele gedwing, en 'n hoër waarde word ingespan om 'n laere te dien. Dan is die maatstawwe skeef en die gees werk met verdraaide en verwronge gereedskap. Dan word die gees en sy ideaal neergetrek tot die laer vlak van sy laer doelstelling, en hy raak bekrompe en hard, knoetsig en onewewigtig.


Maar wanneer besittings gesien word as 'n middel om hoëre waardes te dien, en so aangewend word, word dit 'n magtige instrument, want dan gee dit aan die gees die bevrediging en die bevryding van die wie se gereedskap sterk en duursaam is. En wat ook al die goeie dien, word deur die diens verhef, en durf ons nie versmaai nie.


Ons moet die stoflike nie versmaai omdat dit aan 'n laer orde behoort nie. In ons omgang met die stoflike, in ons daaglikse wandel, word die gees geslyp, en deur die omgang word die stof deurstraal met ons gees en word wat eers sonder vorm en sin was, sinvol en diensbaar aan die gees. Die nederige riet waarop ons kennis en kundigheid en liefde inwerk, word 'n musiek­instrument wat die soetste klanke voortbring; die vormlose graniet dwing ons met ons kuns en ons kennis en ons liefde tot 'n beeld wat die skoon­heid dra.


Wat ons ook al gebruik as 'n middel tot 'n hoër diens, kry deur die gebruik 'n afskynsel van die hoër doel, en word daardeur verhef. Wat ook al in die stoflike is, is wat ons met die bedrywigheid van ons gees daarin gelê het, want sonder die gees het die stof geen betekenis nie. Vind ons die kwade daarin, dan is dit omdat ons die kwade daarin gelê het deur verkeerde gebruik. Wat ook al vir die mens bruikbaar en diensbaar kan wees, kan deur die gees verhef word tot 'n instrument van die goeie.


Dit is nie die instrument wat vals is nie, maar die wat dit bespeel. Dit is nie die rykdom wat vernietig of lewe gee nie, dis selfs nie die liefde wat vernietig of lewe gee nie, maar die gebruiker in wie se hand dit is.


Dit is die gesindheid teenoor die middel wat die gebruik bepaal. En wat jy verhef met 'n adem van jou gees, kry daardeur ook die wonderlike lewe van die dinge van die gees wat aanwas met die gebruik, wat wen aan lewe hoe meer dit ingespan word, wat nooit inkrimp as jy gee nie, maar juis uitdy en oorvloei na ander tot seën en lafenis, selfs as jy nie daarvan weet nie. Dit is die gesindheid wat die middel seën, en dis die rykdom van die hart wat ware rykdom versprei.


(Uit: ‘Ook die klein dingetjies’ deur John van der Berg)

`n Stille gebed in die Ewige Groter Stilte langs die pad....... Ons dink aan jul.......

Dit is tog interessant dat hoe meer ʼn mens soek na die 'dun plekke waar God en mens ontmoet' hoe meer kom mens agter hoe naby God maar altyd is...

Hy is naby in die oomblik van stilte voor die dag begin...

Hy is naby wanneer ʼn mens ook al bid...

Hy is naby in die glimlag-groet van ʼn geliefde...

Hy is naby wanneer ʼn mens mooi musiek geniet...

Hy is naby in die vrolik spel van kinders...

Hy is naby in die sang-kwetter van voëls in die vroe-oggend...

Hy is naby in die Groot Stilte van ʼn somer skemer aand...

Hy is naby in die stil belofte van die reënboog

Hy is naby in die pyn van nood…

Eintlik is Hy altyd naby.......

(Anoniem)

                       Moeder Teresa – in Elk Geval


Mense is dikwels onredelik, onlogies en self-gesentreerd;

Vergewe hulle in elk geval


As jy vriendelik is, mag mense jou beskuldig van selfsugtige, bybedoelings;

Wees in elk geval vriendelik


As jy suksesvol is , sal jy sommige vals vriende en sommige egte vyande wen;

Wees in elk geval suksesvol


As jy eerlik en opreg is, mag mense jou verkul;

Wees in elk geval eerlik en opreg


Wat jou jare geneem het om op te bou, mag iemand oornag vernietig;

Bou in elk geval


As jy gemoedsrus en blydskap gevind het, mag ander jaloers wees;

Wees in elk geval gelukkig


Die goeie wat jy vandag doen, vergeet mense dikwels teen die dag van môre;

Doen in elk geval goed


Gee die wêreld die beste wat jy het, en dit mag nooit genoeg wees nie;

Gee in elk geval die wêreld die beste wat jy het


Jy sien, per slot van rekening is dit alles tussen jou en God;


Dit was in elk geval nooit tussen jou en hulle nie


(Deur Moeder Teresa van Calcutta – 26 Augustus 1910 tot 6 September 1997

Kliek hier vir Engels)


Al was ek nie daar nie


Al was ek nie daar nie -

ek weet dit is waar:

die krip en Maria

met die Kindjie by haar.

Dis of ek die engel

die boodskap hoor bring

van Jesus se vrede,

wat harte laat sing.


Al was ek nie daar nie -

ek weet dit is só:

Die herders en wyses

het dit eerste geglo.

En deur al die jare

bou Jesus sy kerk -

Die Gees en die Woord

kom geloof in ons werk.

(Lied 355)


Joh 11:3  Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: Here, hy vir wie U liefhet, is          siek.


Joh 11:4  En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie,          maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur          verheerlik kan word.


Joh 11:5  En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.


Openbaring 22 6-21

6  En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.

7  Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

8  En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.

9  Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.

10  En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

11  Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

12  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

13  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

15  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

16  Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.

17  En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

18  Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

19  En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

20  Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

21  Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Invictus


Uit die nag wat my bedek

Swart soos `n put van pool tot pool

Dank ek watter gode ook mag wees

Vir my onoorwinbaar siel


In die fel kop-knel van omstandigheid

Het ek nie gefaal of hard gesnik

Onder die aanslag van die lewe

Is my kop bebloed maar nie geboë


Anderkant hierdie plek van haat en trane

Wag die gruwel van die ewig nag

En tog, die bedreiging van die jare

Vind, en sal my altyd, nie bang vind


Dit maak nie saak hoe nou die hek

Hoe strafbelas my boek van skuld

Ek, is die meester van my lot

Ek, is die skipper van my siel.


(Vrye vertaling) (Outeur:- William Ernest Henley)

DIE TWEE WOLWE

Een aand het `n ou Rooi Indiaan aan sy kleinkind vertel van `n geveg wat binne alle mense aangaan.

Hy het gesê, “My kind, die geveg is tussen twee wolwe binne ons almal.

Een is Boosheid. Dit is afguns, jaloesie, hartseer, jammerte, gierigheid, arrogansie, selfbejammering, skuld gevoelens, wrokkigheid, minderwaardigheid, leuens, valse trots en egoïsme.

Die ander is Goed. Dis is vreugde, vrede, liefde, hoop, kalmte, beskeidenheid, welwillendheid, empatie, vrygewigheid, waarheid, medelye en geloof.”

Die kleinkind het so `n minuut daaroor nagedink en toe vra hy vir sy oupa: “Watter wolf wen die geveg oupa?”

Die ou Indiaan het geantwoord, “Die een wat jy die meeste voer...”

(Vrye vertaling)

“Luister: Daar was eendag ʼn koning wat op sy troon gesit het. Hy was omring deur groot, wonderlike en pragtig geornamenteerde pilare wat met Ivoor die vaandels van die Koning uitbeeld, met groot eer.

Dit het toe die Koning verheug om ʼn klein veertjie op te tel van die grond af. Hy het die veertjie beveel om te vlieg.

Die veertjie het gesweef, nie as gevolg van enigiets in dit self nie, maar omdat die lug dit voortgedra het.

So is ek, ʼn veertjie op die asem van God.”


(Hildegard von Bingen - 1098 – 17 September 1179)

(Vrye vertaling) (Kliek hier vir engelse weergawe)

Ons sien daagliks gevalle van mense wat beproef is, wat, na die mens gesproke, rede het om te kla. Maar ons sien ook dat die wat die meeste beproef word, dikwels die krag ontvang om minder te kla as die ander. Omdat hulle pyn ken, is hulle meer bewus van hul vreugde en dankbaar daarvoor. Hulle is die gene wat die dag kan waardeer omdat die nag so bitter donker was; die wat hulle seëninge tel, omdat die beproewinge hul seëninge soveel skerper laat uitstaan. Want wie in die beswyming van gedurige vreugde en gedurige geluk woon, het geen maatlyn waarmee hy sy gawes kan meet nie; hy word suf en sat soos 'n loom tropiese plant wat die winter nie ken nie en daarom nie kan pronk in die somer nie.


Want ook in ons beproewinge het ons so baie om voor dankbaar te wees: die blote gawe van die lewe, die adem wat ons elke oomblik ontvang, die gawe van gesondheid, die wonderlike sintuie wat die skoonheid van die aarde aan ons tuisbring; en in die wêreld van die hart: die band tussen mens en mens, die veelvuldi­ge verhoudinge tussen een gees en die ander, vriendskap en liefde en al hul wonderlike lote. Laat ons dan dank­baar wees, want ook in ons donker dae is ons lewe met seëninge bestrooi.


Juis die wat hul seëninge vertroetel omdat hulle hul waardeer, weet dat ons nie kan ontvang sonder om te gee nie, nie net kan geniet sonder om te offer daar­voor nie. Want waar ons voorregte het, het ons ook verantwoordelikhede. Waar ons ook al gaan, en wat ons ook al doen, werk ons gees in op die van ons mede­mens, wetend of onwetend, ten goede of ten kwade. 'n Onverskillige daad, 'n onbedagsame woord, 'n nor­se houding 'n selfsugtige optrede - dit kan 'n invloed hê wat ver buite ons eie kringetjie strek en dikwels die vorm en die rigting van 'n ander lewe kan bepaal. Daarom moet ons onthou dat as een van ons reis­genote langs die pad val, dit ons nie betaam om met die vinger na hom te wys nie, want ons het dalk gehelp om die struikelblok in sy pad te lê of die slaggate te grawe waarteen sy swakheid nie bestand was nie. En selfs wanneer ons broer oortree, is ons dikwels mede­aanspreeklik vir sy val. Daarom betaam dit ons eerder, wanneer 'n medemens langs die pad struikel of val, om ootmoed in ons hart te hê vir 'n swakheid wat ons dalk help skep het.


As ons dan straf of betig, moet ons dit met eerbied doen, want die straf wat ons op die oortreder lê, is dik­wels 'n las wat hy vir ons help dra, omdat ons aandadig was aan sy oortreding, maar in genade die tug en die straf vrygespring het.


Dit is betaamlik dat ons die straf en die bestraffing eers na binne rig en kyk of dit nog na buite nodig is. Die stille stuwing in die boom bring op sy tyd die blare en die bloeisels en die vrugte, en elkeen het na sy aard sy eie skoonheid en diensbaarheid en voortreflikheid. Maar almal is saamgebind; almal put hulle groei uit dieselfde sap; almal word gekoester in dieselfde son wat die wasdom in hulle prikkel. Laat ons dit nie vergeet wanneer ons betig en bestraf nie.


Ons het 'n verantwoordelikheid, omdat ons 'n deel is van die hele boom. Dit is ons trots, maar in die trots moet ons nederig wees en ootmoed hê.


(Uit: ‘`n Rusplek langs die pad’ deur John van der Berg)

A resting place on the wayside (Custom) (Large).jpg

Kolossense 1: 3-14


Kol 1:3  Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,

Kol 1:4  omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,

Kol 1:5  vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,

Kol 1:6  wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;

Kol 1:7  soos julle ook geleer het van Épafras, ons geliefde mededienskneg, wat ‘n getroue dienaar van Christus vir julle is,

Kol 1:8  wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.

Kol 1:9  Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,

Kol 1:10  sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,

Kol 1:11  en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,

Kol 1:12  en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig—

Kol 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Kol 1:14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.


Psalm 78: 2 - 8


Psa 78:2  Ek wil my mond open met ‘n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.

Psa 78:3  Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,

Psa 78:4  sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.

Psa 78:5  Hy tog het ‘n getuienis opgerig in Jakob en ‘n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het—om dit aan hulle kinders bekend te maak,

Psa 78:6  sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,

Psa 78:7  en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,

Psa 78:8  en nie word soos hulle vaders nie, ‘n koppige en wederstrewige geslag, ‘n geslag met ‘n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.


Psalm 42


(Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van die kinders van Korag)


Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!


My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?


My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?


Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — ’n feesvierende menigte!


Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!


O My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.


Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.


Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, ’n gebed tot die God van my lewe.


Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?


Met ’n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?


Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!

Die Visse en Brode - Mat 14


En in daardie tyd het Herodes, die viervors, die gerug van Jesus gehoor en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom.


Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.


Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.


En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, omdat hulle hom vir ‘n profeet gehou het.


Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.


Daarom het hy met ‘n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.


Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ‘n skottel die hoof van Johannes die Doper.


En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.


En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.


Sy hoof is toe op ‘n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.


En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.


En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in ‘n skuit vertrek na ‘n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg.


En toe Jesus uitgaan, het Hy ‘n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.


En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.


Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.


Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse. En Hy sê: Bring dit hier vir My.


Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.


En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.


En dit was omtrent vyf duisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.


En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.


En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.


En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.


Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.


En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.


Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.


En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.


En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.


Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!


En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?


Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.


Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!


En hulle het oorgevaar en in die land Gennésaret gekom.


En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring;


en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

En sien jy, het ek gesê, die mense wat verby die muur loop en alle soorte houers, standbeelde en figure van diere gemaak van hout en klip en verskillende materiale, dra, wat oor die muur te voorskyn kom? Sommige van hulle gesels en ander weer, is stil.


Jy het my `n vreemde beeld gewys en hulle is vreemde gevangenes.


Hulle is soos ons, het ek geantwoord; en hulle sien net hul eie skaduwee, of die skaduwees van mekaar, wat die vuur op die teenoorgestelde muur van die grot maak?


Dit is waar, het hy gesê; hoe kon hulle enigiets sien behalwe die skaduwees as hulle nooit toegelaat was om hul koppe te draai nie?


En van die voorwerpe wat op soortgelyke manier gedra word sou hulle net die skaduwees kon sien?


Ja, het hy gesê.


En as hulle in staat was om met mekaar te gesels, sou hulle nie dink dat hulle name gee aan wat werklik voor hulle is nie?


Baie waar.


En veronderstel verder dat die tronk 'n eggo gehad het wat van die ander kant as die geluide gekom het, sou hul nie geglo het dat as een van die verbygangers gepraat het dit eintlik van die verbygaande skaduwee afkomstig was nie?


Ongetwyfeld, het hy geantwoord.


Vir hulle, het ek gesê, sou die waarheid letterlik niks anders as die skaduwees van beelde wees nie.


Dit is vir seker.


Kyk nou weer, en sien wat sal natuurlik volg indien die gevangenes vrygelaat word en verlos word van hulle dwaling. Ten eerste, wanneer enige van hulle bevry word en gedwing word om skielik op te staan en sy nek te draai en te loop en na die lig te kyk, sal hy skerp pyne voel; die glans sal hom ontstel en hy sal nie in staat wees om die werklikheid te sien waarvan hy in sy vorige toestand slegs skaduwees gesien het; en veronderstel nou iemand stel dit aan hom dat wat hy voorheen gesien het slegs `n illusie was, maar dat hy nou, nader aan realiteit is en sy oog ingestel is op `n groter werklike bestaan, hy `n duideliker visie het van wat gebeur, - wat sal sy antwoord wees? En jy kan jouself verder verbeel dat sy leermeester vir hom voorwerpe uitwys soos wat hul verby gaan en vra dat hy hul moet identifiseer, - sal hy nie verward wees nie? Sal hy nie dink dat die skadu’s wat hy voorheen gesien het meer werklik was as die voorwerpe wat nou aan hom gewys word nie?


Dit is vir seker so.


En as hy gedwing word om reg in die lig te kyk, sal hy nie 'n pyn in sy oë kry wat hom sal laat weg kyk en na die voorwerpe wat hy wel kan sien te kyk wat in sy verstand meer werklik sal wees as die dinge wat nou aan hom gewys word nie?


Dit is waar, het hy gesê.


En veronderstel weer dat hy teësinnig opdraand gesleep sou word en vasgehou word totdat hy gedwing is om direk in die son self te staan, is dit nie waarskynlik dat hy beangs en geïrriteerd sal wees nie? Wanneer hy nader aan die lig kom sal hy nie verblind word nie, en hy sal waarskynlik nie in staat wees om enigiets te sien wat nou as realiteite vir hom verduidelik word nie.


Nie alles so gou na mekaar nie, het hy gesê.


Hy sal nodig hê om gewoond te raak aan die voorkoms van die boonste wêreld. Eers sal hy die skaduwees die beste sien, volgende die refleksies van mense en ander voorwerpe in die water, en dan die voorwerpe self; dan sal hy staar na die lig van die maan en die sterre en die uitspansel; en hy sal die hemel en die sterre in die nag beter sien as die son of die lig van die son in die dag?


Beslis.


Laaste van alles sal hy in staat wees om die son te sien, nie net `n weerkaatsing daarvan in die water nie, maar hy sal die son in sy regmatige plek sien, en hy sal kan nadink oor die son soos wat die son werklik is.


Beslis.


Hy sal dan voortgaan om te verstaan dat dit die son is wat die seisoene en die jare skep, en dat die son die bewaker van alles is wat in die sigbare wêreld bestaan, en op 'n sekere manier die oorsaak van alle dinge wat hy en sy metgeselle gewoond was om te aanskou?


Inderdaad, het hy gesê, sou hy eers die son sien en dan daaroor nadink.


En wanneer hy sou onthou van sy ou woonplek, en die vlak van wysheid in die grot en sy medegevangenes, dink jy nie dat hy sou goed voel oor sy eie groei en verandering en hulle sou jammer kry nie?

Sekerlik, sou hy

En as hulle in die gewoonte was om mekaar te vereer vir wie die vlugste was om die verbygaande skaduwees te sien en te sê watter al voorheen op die muur was en wat daarna gevolg het en watter saam was; en wie van hulle daarom die beste in staat was om gevolgtrekkings vir die toekoms te maak, dink jy dat hy sou omgee vir sodanige eerbetoning en roem, of jaloers sou wees op diesulkes van hulle? Sou hy nie eerder saam met Homer sê:


Dit is beter om die dienskneg van `n arm meester te wees en enigiets te verduur as om soos hulle te dink en te leef volgens hul gebruike?


Ja, sê hy, ek dink dat hy eerder enigiets sou verduur as om aan die valse gewoontes te glo en op so `n ellendige manier te leef.


Dink weer, sê ek, as so 'n persoon skielik uit die son weer terugkeer na sy ou situasie, sou sy oë nie vol van daardie duisternis weer wees nie?


Vir seker, het hy gesê.


En as daar 'n kompetisie was om mee te ding in die meting en uitkenning van die skaduwees met die gevangenes wat nog nooit uit die grot was nie, en terwyl sy oë nog nie aangepas het in die donker nie, en voor sy oë gewoond geword het aan die donker (en die tyd wat nodig sou wees vir sy oë om aan te pas by die donkerte kon aansienlik lank wees), sou hy nie belaglik voorgekom het nie? Mense sou van hom sê dat hy opgegaan het en dat hy sonder sy oë weer afgekom het; en dat dit beter was om nie eens te dink aan uitgaan nie, en as enigiemand sou probeer om `n ander los te maak en hom na die lig te ly, dat hulle net sou wag om so `n oortreder te vang en hom dood te maak.


Ongetwyfeld, het hy gesê.


Hierdie hele allegorie, het ek gesê, kan jy nou voeg, liewe Glaucon, by die vorige argument; die grot waarin die gevangenes woon is die wêreld van sig, die lig van die vuur is die son, en jy sal my nie misverstaan as jy die reis opwaarts en in die lig in, interpreteer as die uitstyging van die siel opwaarts in die intellektuele wêreld, volgens my arme geloof, wat ek op jou aanvraag, of reg of verkeerd verduidelik het, wat net God sal weet... Maar, of dit waar is of onwaar, my mening is dat in die wêreld van kennis verskyn die kennis van die goeie laaste van almal. Dit kan net met toewyding raakgesien word, en wanneer daar bewuswording daarvan is word daar afgelei dat dit die universele skepper van alle dinge mooi en goed is, die vader van lig en die heerser van die lig in die sigbare wêreld, en dat dit die onmiddellike bron van rede en waarheid in die intellektuele is, en dat hierdie die mag is waarmee hy rasioneel kan optree en, of in die gemeenskap of in sy binnekamer, sy oog gevestig moet hou.


(Vrye vertaling - kliek hier vir document in Engels) (Plato - tussen 423 en 429 VC tot 348 of 347 VC)


Van http://classics.mit.edu/Plato/republic.html


(`n Allegorie is `n storie waarin die karakters en gebeure simbole is van gedagtes rakende die menslike lewe of `n politiese of geskiedkundige situasie)


(Kliek hier vir `n Kort geskiedenis van Plato in Wikipedia)

(Plato - tussen 423 en 429 VC tot 347 of 348 VC)


Elke dag word uit die ewigheid oor ons afgerol, en ons moet hom beleef en oorwin na die beste van ons vermoë. Party van ons doen dit met liefde en toewy­ding; ander doen dit nors en met 'n grief, maar nie een kan dit vryspring nie en elkeen moet dit aanvaar met 'n meerdere of 'n mindere mate van manmoedigheid.


Dit is nie aan ons gegee om in die toekoms te sien nie, en daarom weet ons nie waar en wanneer die op­draandes en die slaggate op die pad vir ons wag nie. Maar elke keer as ons die hindernis oorwin, voel ons sterker, en dan het ons meer moed en vertroue. Want teen die opdraande word die trektou getoets, teen die afdraande af die rem, deur die slaggate die stewigheid van die as en die wiele.


So leer ons om in die kolletjie lig van die lamp wat vir ons gegee is, die aard van die pad vas te stel, en so berei ons ons vir die teenslag wat voorlê.


Maar dit is gelukkig so bepaal dat ons nooit heel­temal alleen die skof moet aflê - daar is altyd met­geselle en medereisigers - sommige tot hulp, ander tot 'n las en 'n ergernis. Is daar liefde en gehegtheid, dan het ons 'n stut teen die opdraandes uit, dan bly ons lamp brandende met die olie van die liefde; dan sien ons met meer as net ons eie oë wat daar voorlê en dan pak ons die hindernisse aan met meer as ons eie krag.


En val 'n reisgenoot langs die pad, staan ons oot­moedig stil by die baken langs die pad. Want wanneer die wond vars geslaan is, staan die hart alleen in sy pyn; daar is van menslike kant geen salf en geen heelmeester nie. Dan struikel ons maar voort, want geen mens kan sy dae laat stilstaan nie. En soos een vir een dag by die gisters van ons lewe gebêre word, so kom die salwende heling van ons wond, en eendag, verder langs die pad, vind ons dat waar die wond eers was, nou 'n moet is, en die moet het die vesels sterker gebind as voor die wond. En dan weet ons dat die lamp van die liefde terug kan dwaal na die baken van ons verlies, en hom daar weer vul met olie, want ook die smart is 'n dienaar van die liefde.


Want dit is so bedoel, onder die genade : dat niks van ons weggeneem word sonder dat iets in sy plek te­ruggegee word nie; wat ons dikwels verlore waan, gaan deur die smeltkroes om 'n skoner en edeler metaal te word en kry sinvolheid en groter diensbaarheid onder die slae van die hamer. En ook wanneer ons reisgenote ons ontval, is ons nooit heeltemal alleen nie, want waar die liefde eenmaal was, wyk hy nie, omdat hy self die klimaat skep waarin hy kan gedy en sy skone heerlike lote kan sprei.


So word ons gedien deur die wat reeds vroeër langs die pad die trek moes verlaat. Want die liefde is te ge­nadig en te vrugbaar om langs die pad te verdroog wan­neer een van sy handlangers agtergebly het. In ons donkerste uur vul God ons lamp met olie, en ons is nooit heeltemal alleen nie, want daar is 'n lig vir ons voet.

(Uit: ‘`n Rusplek langs die pad’ deur John van der Berg)


Vandag


Luister na die wekroep van die dagbreek!

Kyk na vandag!

Want dit is Lewe

Die siel van die Lewe


In sy kort verloop is opgesluit

Die realiteite en waarhede van ons bestaan

Die geluksaligheid van groei

Die glorie van aksie

Die prag van skoonheid


Want gister is maar net `n droom

En môre net `n visioen


Maar vandag, goed geleef

Maak van elke gister `n droom van geluk

En elke môre `n visioen van hoop


Kyk dus mooi na hierdie dag...

Want so spreek die roep van die dagbreek!


(Sanskrit spreuk deur Kālidāsa, 5’de eeu na Christus)

(Vrye vertaling)


linaneroad.jpg

‘Probleme kan nie opgelos word op dieselfde vlak as wat dit geskep was nie’ (Albert Einstein)

(Kliek hier vir nog kwotasies) (Of hier vir opsomming van lewe)

Albert Einstein 14 Maart 1879 – 18 April 1955 The 1927 Solvay Conference in Brussels, a gathering of the world's top physicists. Einstein in the center.

Onder die dwang van 'n stelsel waarin die stoflike oorheersend geword het, het ons ook al ons brood ge­sien as 'n doel en nie 'n middel nie. Dikwels is ons hele strewe ingestel daarop om te vergaar teen die dag van nood en gebrek wat in 'n harde wêreld altyd op die loer lê. Vir die wat van ons afhanklik is en vir wie ons voor­siening moet maak - ook vir die tyd wanneer onsself nie meer daar is nie - probeer ons om die stoflike op te gaar, en dan is ons tevrede en ons voel dat ons taak goed ge­doen is. Ons verhoudings met ons medemens is deur­trek met oorweginge van voordeel en gewin, en in die patroon van ons gedrag en ons houding na buite is daar geleidelik 'n nuwe kode en 'n nuwe sedelikheid inge­weef, waarvolgens dit lofwaardig is om jou vriend en jou naaste uit te oorlê.

So bou ons 'n nalatenskap op vir geslagte wat nog moet kom: 'n nuwe gedragskode en 'n nuwe sedeleer, nuwe waardes wat die stoflike verhef tot die hoogste doel, 'n miskenning van die rangorde van waardes waarin die stoflike slegs die begenadigde draer is van die skatte van die gees. Ons verhef die onsierlike fon­damentsteen tot bokant die koepel, wat eintlik die rede vir sy bestaan is; ons verheerlik die brood bo die skatte van die gees. En ons, wat die erfgename is van eeue se stryd en skepping, verkwansel ons erfgoed en laat 'n barre nalatenskap aan geslagte wat nog ongebore is.

Want ons wat die geestesgoedere van eeue in pag het, ons het nie net die voorreg om voortdurend daar­uit te put en ons daarmee te laaf nie, maar ons het ook die verantwoordelikheid om dit nie te laat vergaan nie. Ons moet dit weer oordra aan die wat kom en wat dit verder moet oordra, geslag na geslag, sodat eeu aan eeu verbind word deur die werksaamheid van die menslike gees.

Maar wat dra ons in werklikheid oor, so dikwels en in so baie gevalle? Ons voed en klee die jong lewe en gee hom herberg. Ons beskut die jeug teen lyflike ge­vare en omring hulle, sover ons kan, met die geriewe en die weelde wat die geld kan koop. Ons lei hulle op in 'n bepaalde rigting sodat hulle weer eendag die stoflike kan vergaar en jaloers oordra aan hulle kinders.


Maar help ons hulle ooit om die poorte van die jong gees oop te maak, sodat hy kan uitstraal en soek, sodat hy met 'n werksaamheid wat eerbiedig deur ons gerig word, kan inwerk op alle dinge buite hom en hulle daardeur verryk word? Gee ons die jong gees die eer­bied en ontsag vir die wonder van die lewe en sy voor­reg om daarin te deel ? Gee ons hom die vrymoedigheid om met alle dinge om te gaan sonder om hulle te skend, omdat hy weet dat hulle kinders van een saad is en deur dieselfde sap gebind en gevoed word? Gee ons hom die ootmoed en die ontsag vir wat groter is as hy, en die dankbaarheid dat dit aan hom gegun is om een stippel­tjie kleur te wees in die groot patroon? Stel ons sy gees oop vir die stille inwerking van die ware en die skone en die goeie wat uit so baie heerlike bronne na ons ge­kom het? Gun ons hom die vryheid om sy vlerke te span in sy soeke na die wesenlike, sodat hy die genade mag vind om soms vir 'n oomblik die grensloosheid en die onmeetlikheid van die groot wonder van die lewe deel­agtig te kan word?

En wanneer hy sy vlerke span, moet ons onthou dat hy nie kan vlieg as hy nie rus op die winde van ons liefde, ons voorbeeld, ons verstandige voorskrif en ons rigtinggewing nie. Want al hierdie dinge - as daar eer­bied is vir die jong gees en ootmoed voor die wonder van sy vlug - hou hom nie vas nie, maar stut hom in sy vlug.

Laat dit dan ons bede wees: Gee dat ek hom brood kan gee om die liggaam te voed, sodat die gees daarin kan gedy. Gee dat ek die jong gees op sy eie pad kan help, wat nie myne is nie, want myne is alreeds halfpad afgelê. Maak my 'n waardige draer van die erflating van die eeue, en gee dat ek sal besef dat die erfenis nie aan my gegee is om te verkwansel nie, maar dat ek slegs 'n getuie is dat dit oorgedra word - onge­skonde en verryk deur my werksaamheid.

(Uit: ‘`n Rusplek langs die pad’ deur John van der Berg)

John van der Berg - `n Rusplek langs die Pad - is in 1913 op Edenbug in die Vrystaat gebore, waar hy ook sy hele skoolopleiding ontvang het. Na voltooing van sy skoolloopbaan, besoek hy die Grey-Universiteitskollege en gee daarna onderwys tot 1944. Daarna tree hy in die diens van die Suid- Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK)aanvanklik as omroeper. In 1947 word hy die Afrikaanse programorganiseerder in Durban tot en met 1952. Hierna verlaat hy die SAUK en wy hom uitsluitlik aan sy skryfwerk, veral vir die radio. Hy is in 1944 getroud en het vier seuns. Elizabeth Kendall

Elizabeth Kendall©