Langkloof

Joubertina Omtrent Ons Dit-en-dat Landbou Eetplek Besighede Natuur Geestelik

Bo in Joubertina, langs die R62, is daar `n nuwe heerlike verassing nou beskikbaar! Daar is van alles iets te kry en te smul daar! Die Diner R62 het baaaie tafels en daar kan jy alles bestel vanaf die A La Carte spyskaart en dit geniet in `n netjiese smaakvol versierde omgewing.

Dan is daar die Winery R62 en behalwe seker die grootste versameling van wieldoppe is daar iets van alles daar te koop.

Die Appelkas het `n groot verskeidenheid versnaperings en dan is daar plaaslike handgemaakte items om te kus en te keur! Daar is ook gister-se-goed items te koop om van te droom!

Daar is baie tafels binne of buite en is ideaal vir familie byeenkomste of sake-etes of somaar net uit lus vir iets lekker!

Kom kuier vir ons! U kan net inval en kom eet vanaf ons Spyskaart of bespreek by (042) 273 1031    Kliek hier vir meer!

Op hierdie blaai is daar eetplekke om van te kus en te keur! Sal probeer om soveel as moontlik inligting oor elk te gee sodat mens `n goeie idee kan kry van tipe kos wat aangebied word, waar die plek is en wat die ure is. Enigeiemand in die Langkloof kan vir my inligting stuur vir plasing hier na joubertinadorp@gmail.com

Heerlike terte, koek en etes op Louterwater, sowat 18 kilometer vanaf Joubertina, op die R62, op pad na George en Oudsthoorn. Daar is altyd iets spesiaal en die spyskaart sluit baie kosse in.  Daar is vrugte, in seisoen, daar te koop. Die Kontrei Kombuis is maklik om te kry. In Louterwater is daar borde wat die Kontrei Kombuis aandui langs die R62. Dit is regoor die Oudrif pakstoor en net oor die smalspoor van die Appeltrein. (Kliek hier vir meer inligting)  Tel:- 042 272 1205

Kliek hier vir ons Facebook blaai Besighede Kliek hier vir disse van die dag en meer! Kliek hier vir ons Facebook blaai Kliek hier vir ons Facebook blaai

Apple County Take-away & Bar is die lekker outydse kuierplek vir mense wat wil ontspan en die son op sy eie laat ondergaan! Hier is wegvat kos asook gemaklike tafels om by te ontspan en jou ete te geniet. Dit is langs die Appelkas en Diner op die R62.

Bestellings kan geplaas word op 079 505 2861 of 081 431 9213

Kom besoek ons en ontspan lekker!

(Kliek hier vir foto van Apple County!)



Diner R62, Appelkas & Winery Kontrei Kombuis Diner R62, Appelkas & Winery Vrugte, Perskes, Pere, Appels,Peaches,Pears,Apples

Sanna se Padstal

Soek u heerlike vrugte teen billike pryse?

Besoek Sanna & Jan se padstal. Dit is 6.4 Km. vanaf Joubertina op die R62 na Krakeel /Louterwater en Misgund.

Skakel voor u gaan om te hoor watter vrugte beskikbaar is.

Sanna:  074 424 0742

Jan:      071 253 2924