Langkloof

Joubertina Omtrent Ons Dit-en-dat Landbou Eetplek Besighede Natuur Geestelik

Die Aarde se diameter is sowat 12 756 Km by die ewenaar en 12 714 Km by die Pole. Die omtrek van die Aarde is sowat 40 070 Km by die Ewenaar.

Die oppervlak rotasiespoed by die ewenaar is sowat 1 670 Km per uur. Die spoed waarmee die Aarde om die Son beweeg is sowat 30 Km per sekonde of 110 000 Km per uur. Ons hier op Aarde is dus `n vinnige klomp!

Die Aarde is sowat 149 598 262 Km vanaf die Son.

Die oppervlakte temperatuur wissel tussen -88°C en 58°C.

Dit neem 365.26 dae om een keer om die Son te beweeg.


                                Noodnommers - Emergency Numbers

Polisie                                  (042) 279 1600 of 10111

Munisipaliteit                      (042) 273 1337

Eskom                                  (042) 273 1222

Brandweer                          (042) 288-0303 / 7270 (Kareedouw)

Cacadu Rampbestuur       0800 22 22 38 of 076 048 7767(Port Elizabeth)


Ambulans                            (042) 273 1313 (Langkloof EMS)

          Of   10177   of    (Selfoon 112) of

          (042) 291 0020 (Gesondheidsdienste)


Joubertina Hospitaal         (042) 273 1531 (CHC)

Nasionale Gif Nommer      (021) 689 5227 (Vir krisis met Gifstowwe)

Algemene noodnommer   112

ER24                                      084 124


Dokters

Dr O J Strydom                    (042) 272 1225 (Ook vir na-ure noodgevalle)

Dr Andre van Greunen       (042) 273 1313  (082 492 2699 na-ure)


                            Handige nommers/Webwerwe

SADAG                                    011 234 4837    (http://www.sadag.org)

(SA Depresion & Anxiety group)


Alkoholiste Anoniem          083 378 2195   (www.aanonymous.org.za)

CAD                                        082 571 5472 (Christelike Alkoholiste Diens)

LifeLine                                  0861 322 322  (Webwerf Kliek hier)

Op hierdie blaai sal daar dit-en-dat wees in en om Joubertina. Voorbeelde is kerkaktiwiteite of kontakbesonderhede of gemeenskaps aktiwiteite en nog so aan. Hier is Ambulanse, Dokter en baie ander nood nommers. Jul is welkom om bydraes vir hier te stuur aan joubertinadorp@gmail.com - Dankie!

   Joseph and the Amazing      Technicolor Dreamcoat

Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat op Joubertina!

Kersmark

Joubertina Kersmark

Die Appeltrein

Joubertina Dorp Appeltrein blaai

WAT EK GELEER HET


  1. Wanneer jou Ma kwaad is vir jou Pa, moenie dat sy jou hare kam nie.
  2. As jou suster jou slaan, moenie terug slaan nie, hulle vang altyd die tweede persoon.
  3. Jy kan nie honde vertrou om jou kos op te pas nie.
  4. Moenie nies terwyl iemand jou hare sny nie.
  5. Jy kan nie ’n stukkie blomkool in jou glas melk wegsteek nie.
  6. Die beste plek wanneer jy hartseer is, is op Ouma of Oupa se skoot.
  7. Maak nie saak hoe jy die koeldrank meet nie, jou broer het altyd meer koeldrank as jy.
  8. As daar lekker nagereg is, moenie laaste by die bak uitkom nie.
  9. Lekkergoed is geneig om jou eetlus weg te neem en jou boude te laat brand.
  10. Honde en katte hou ook nie van ertjies nie.

NOODNOMMERS

Joubertina se hoogte bo seespieël is tussen 540 meter en 600 meter. Die tradisionele ‘ampelike’ hoogte was altyd by die spoorwegstasie gemeet. Daar is dit 548 meter. Om hoogte bo seespieël maklik te bepaal gaan na ‘Google Earth’. Maak seker dat ‘Terrain’ onder ‘Layers’ gekies is en die hoogte bo seespieël word net regs van die koördinate (Onder) getoon, soos wat jy die muiswyser beweeg. Piek Formosa is byvoorbeeld 1675 meter bo seespieël (Op landmetergeneraal kaarte) en is hoogste berg in die Tsitsikamma reeks.


Het jy geweet?

Kliek hier vir `n kort beskrywing van die stigting (onstaan) van Joubertina geskryf deur HC Hopkins.


Joubertina SAPS se misdaad statistiek kan op die Internet gesien word by www.crimestatssa.com/precinct.php?id=985 of `n Excel spreadsheet by www.saps.gov.za.

Byvoorbeeld moordgevalle was 19, 25 en 14 vir 2013, 14 en 15 respektiewelik.

Inbrake was 132, 153 en 157 vir dieselfde jare as bo.

Joubertina het `n populasie van 741 gehad in die 2011 Census Kliek hier vir meer detail. (www.census2011.adrianfrith.com)


Joubertina se jaar met die meeste reënval, vanaf 1937, was 1981 toe die jaarlikse reënval 1067 mm was. Die gemiddelde vir Joubertina is 460 mm. Die droogste jaar sedert 1937 was 3 jaar na die 1981 vloed toe dit net 224 mm gereën het.

(Kyk na die gemiddelde jaarlikse reënval grafiek vanaf 1937 op www.joubertinadorp.co.za/joubertinanatuur.html

Volgens `n artikel van Dr O J O Ferreira glo sommige mense van die Onder-Kouga dat daar siklusse is. Die volgende is `n uittreksel van die artikel wat gevind kan word by www.joubertinadorp.co.za/onderkouga.html

“Die mense van die streek verwys hierna as "vloedens" en het 'n vaste geloof dat hierdie "vloedens" so eenkeer elke sestien jaar hulle verskyning Maak. Die "vloedens" van 1916 en 1932 was so katastrofaal in hulle uitwerking dat die Ouer geslag nog steeds met ontsag daarna verwys. Deur hierdie twee "vloedens" is op sommige plekke meer as 50% van die beboude grond weggespoel of is vrugbare landerye onder dryfsand begrawe en diep dongas uitgeruk. Diegene wat aan die sestienjaarsiklus glo, wys daarop dat daar ook in 1948, die middelsestigerjare en in 1981 groot "vloedens" was wat Onder-Kouga van die buitewêreld afgesny het.”

Die wegspoel van grond en vrugtebome is dan ook die rede hoekom die Onder-Kouga, wat eens florerende Sitrus boerderye gehad het, dit gestaak het.

Joubertina het eers het eers "Joubertville" geheet, waarna dit verander was na Joubertina, omdat die Spoorwegmaatskappye reeds 'n halte in die Karoo met dié naam, Joubertville, gehad het. Die dorp is vernoem na die predikant van Uniondale, waarvan die gemeente afgestig het. Hierdie dorpie het ontstaan, toe daar na heelwat vertoë en samesprekings, in 1907 van die gemeente Uniondale afgestig is. Aanvanklik is daar besluit om die nuwe gemeente na ds. W.A. Joubert, ’n voormalige predikant van Uniondale wat die Langkloof bedien het, te vernoem. Die naam is egter ’n paar keer verander weens besware deur onder meer die Departement van Vervoer, nl. Joubertsburg na Joubertsville en laastens na Joubertina (https://af.wikipedia.org/wiki/Joubertina)

Kliek hier vir `n ou straatplan van Joubertina waarop die naam nog as ‘Joubert Ville’ aangedui word. Die mates op die plan is nog in Kaapse Voet (1 Kaapse Voet = 0.314858 meter Dus 97 Kaapse Voet = 30.54 meter, die algemene breedte van erwe in Joubertina en lengte 200 Kaapse Voet = 62.97 meter)


In die Langkloof, oor die algemeen, is die vanne Strydom, Ferreira, Olivier, Kritzinger en Gerber by verre in die meerderheid. Dit het veroorsaak dat daar uit name uitgeloop is en dat byname begin gebruik is. Voorbeelde daarvan is soos Sterkman, Jan Been, Klein Klaas, Klein Haastig, Rooi Jan, Groot Hendrik en so kan mens aangaan. Self is ek `n Strydom en as ek telefonies praat, in die kloof, kan ek nie net sê ‘Dit is Strydom hier’ nie. Maak die lewe interresant…. As iemand in die nuus is moet mens baie mooi definieer wie dit is anders is amper ALMAL somaar in die nuus!

Sien ook die stukkie oor ‘Byname’ in die ‘Geskiedenis van die Onder-Kouga’ deur Dr O J O Ferreira wat in die webblaai www.joubertinadorp.co.za/onderkouga.html is.


Landbou - Interessante skakels

Landbou

Die ‘Goue nommer’ is Phi ‘Φ’ en gelyk aan 1.618033988749895…

 Hierdie numeriese reeks is deur Leonardo Fibonacci ontdek en speel `n rol in amper alle aspekte van die heelal. In die mens is daar baie ligaamsdele wat se lengtes in die verhouding 1: 1.618… is. Byvoorbeeld die som van die lengte van die voorste twee beentjies in `n vinger is gelyk aan die lengte van die derde beentjie.

As mens by 1 begin en 1 by = 2. Nou weer is 2+1 = 3 en 3+2 = 5 en 5+3 = 8 …… Die reeks wat so gevorm word 1, 2, 3, 5, 8, 13, 21, 34, 55, 89 ens. (Altyd is `n getal die som van die twee voriges) ontwikkel om in die verhouding Phi te wees. (Fibonacci reeks.) As mens byv. `n getal kies en dit met Phi maal en dan weer die antwoord met Phi maal en so aan ontwikkel die reeks soos bo. (Fibonacci reeks)

So is byvoorbeeld die som van `n ry sade in `n Sonneblom gelyk aan die som van die vorige twee rye. (Sien Fig. b)

So ook is die spiraal wat baie in skulpvorms voorkom gevorm op die verhouding van Phi (1 : 1.618…) (Sien Fig. a)

`n Eenvoudige manier om Phi te bereken is:

Φ = ((√5 + 1) / 2) (Vierkantswortel van 5 + 1 gedeel deur twee.)

Dit is ook die enigste getal waar 1 / Φ = Φ -1

Miskien is tekeninge en verhoudings, waar perspektief volgens die verhouding van Φ is, meer ‘aanvaarbaar’ vir die mens omdat dit onderbewustelik meer ‘korrek’ en ‘natuurlik’ voorkom?

En dan wonder mense nog hoekom wiskunde belangrik is…….

Google Phi of gaan na hierdie skakel www.goldennumber.net vir baie meer inligting.

(Kliek hier vir `n voorbeeld van die reeks waar `n getal met Phi gemaal word)

Fig. a Fig. b

Mens kan baie boeke, veral ouer as 50 jaar, gratis aflaai as Epub of PDF. Een voorbeeld is ‘Trekkerswee’ van Totius met tekeninge deur JH Pierneef by www.gutenberg.org of byvoorbeeld die ‘Siel van die mier’ van Eugene Marais by www.dbnl.org

Daar is nog baie ander beskikbaar. Een voorbeeld is die versamelde werke van William Shakespeare by www.gutenberg.org

Soek maar net verder op Gutenberg vir skrywers soos Zane Grey, Sir Arthur Conan Doyle (Sherlock Holmes), Plato, Da Vinci en nog baie meer. Die Gutenberg Projek is ook nie die enigste bron nie. Daar is vele meer plekke om af te laai.

Die rede dat so baie ‘gratis’ kan wees is omdat die kopiereg in baie gevalle na so 50 jaar verval en items dan as in ‘Public Doman’ gesien word. (Pasop net vir webwerwe wat jou persoonlike detail wil verkry)

Lekker lees!