Langkloof

Joubertina Omtrent Ons Dit-en-dat Eetplek Besighede Natuur Geestelik

Vroeg in September 2014 het Andrew Lloyd Webber toe op Joubertina kom loer met ‘Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat’!


Soos wat die kinders begin oefen het kon mens `n verskil in die dorp bespeur. Die bloeisels het skaam uitgeloer... Daar was reën – salige reën. Mens het kinders huis toe sien huppel smiddags, met `n glimlag op die gesig en ‘Any Dream will do...’ se wysie wat geneurie word - en in die lug bly hang lank na hul verby is. Net soos  die soet geur van `n ‘Yesterday, Today and Tomorrow’ op `n lang, lui somersaand...


Die aand van die vertoning is die Kerksaal omtower in kleur, musiek en skaterlag! Van die een liedjie verby ‘One more Angel in Heaven’ tot die einde was dit net fantasties! Elke deelnemer was `n ster! Joubertina sal nooit weer dieselfde wees nie en dit is `n wonderlike nuwe Joubertina.  Baie dankie mnr. Botes Gresse dat jy jou towerstaf hier kom swaai het.


Hier is net `n paar foto’s wat nie naastenby die werklike atmosfeer van die aand kan weergee nie...


Mnr. Botes Gresse. Skoolhoof van Hoërskool McLachlan in Joubertina