Langkloof

Joubertina Omtrent Ons Dit-en-dat Eetplek Besighede Natuur Geestelik

Joubertina se mense het elke einde November `n Kersmark waar iets van alles te kus-en-te-keur aangebied word. Dit is die plek om kersinkopies te doen of somaar net lekker smulgoed te kom koop. Of - miskien soek jy `n nuwe handsak en Pa voel skuldig oor iets! Hierdie foto’s is geneem by die November 2014 Kersmark. Dit was gehou op 21, 22, 24 en 25 November 2014 in die George McLachlan saal by die sportvelde. Die vrouediens ‘peleton’ het dit georganiseer onder leierskap van Riana Martinson. Die hele saal was propvol goeters. Baie geluk julle met so `n suksesvolle happening!

Die hele Joubertina Kersmark panorama Joubertina Kersmark kussings en dies meer Hier kan mens sien hoe baie goeters daar was Kuns en juweliersware Kaartjies Kuns uit hout en ander materiaal gemaak gemaak Konfyt, Perskes en lemoene.... Handsakke Dit en dat te fraai Geseende Kersfees en ander presente Kralewerk Konfyt en koeldrank in die oulikste bottels! Konfyte en dies meer.... Handgemaakte kieries en `n vaatjie vol presente! Uitsig oor `n klomp tafels Die mooiste Kersmateriaal lap. My hart het so `n punt getrek om dit te koop en weer Kersfees te kan verlang soos `n klein, klein kind! Die sagste en kleur materiaal om van huis toe te skryf Pragtige kleure Van alles iets Nog iets van alles Kussings en krale Skildery van `n skilder! Die meisie met die lamp is pragtig! Pragtige gevoelvolle skets wat `n mens se gedagtes meevoer na ou plekke en paaie Profiel Kinderkamer droomkuns! Krakeel dankfees is baie rustig op hierdie skildery.... Klein vetplantjes Plante om van te droom! Hout hondehok vir pappa en meubels vir die kinders Die fraaiste versierde sakke Allerlei Sakke en kussings Panorama van saal Skilderye om van te kus en keur!

Skilderye deur Cynthia Zinn

082 293 6001