Langkloof

Joubertina Omtrent Ons Dit-en-dat Eetplek Besighede Natuur Geestelik
Stoep van die Kontrei Kombuis met allerlei ou, ou goeters Stoep van die Kontrei Kombuis met allerlei ou, ou goeters As mens inkom word jy begroet met plate omslae van toeka se tyd! Ou horlosies en bekers hang oral! Die spyskaart teen die muur spreek vir my boekdele dat ek kan trommeldik eet hier! Heerlike kaggel wat in die winter die hele eetkamer snoesig verhit. Die kroeg gedeelte in die hoek langs die kaggel `n Kas vol van destyds se eetware en ornamente Nog `n spyskaart teen die muur met die heerlikste konfyt net onder. Die pragtige tuin. PArkering voor die Kontrei Kombuis. Rigtingwysers Rigtingwysers (Daar is slaaplek ook hier beskikbaar. `n Ou ou treksaag wat seker hard gewerk het op sy tyd!

Op hierdie blaai is inligting oor die Kontrei Kombuis op Louterwater, Langkloof op die R62

Ligging: Die Kontrei Kombuis is maklik om te kry. In Louterwater is daar borde wat die Kontrei Kombuis aandui langs die R62. Dit is regoor die Oudrif pakstoor en net oor die ou smalspoor van die Appeltrein. Die lengte en breedtegrade is  33°48'5.38"S en  23°39'52.66"E. Hier onder is `n paar foto’s van die Kontrei Kombuis en sy omgewing. Kyk maar self die foto’s en besluit raak jy nie lus vir al die gebak nie! Tel:- 042 272 1205


Kliek hier vir disse van die dag en meer!